Liewe Kittie
My verlange om n keer met iemand te praat het so groot ge-word dat ek dit op die een of ander manier in my kop gekry het om Peter daarvoor uit te kies. As ek af en toe bo in Peter se kamertjie gekom het, was dit altyd baie gesellig daar, maar omdat Peter te beskeie is om ooit iemand wat te lastig word by die deur uit te sit, het ek dit nooit gewaag om langer te bly nie, omdat ek bang was dat hy my irriterend sou vind. Ek het na n geleentheid gesoek om ongemerk in die kamertjie te bly en hom aan die klets te hou, en die geleentheid het hom gister voorgedoen. Peter het naamlik skielik n manie vir blokkies-raaisels ontwikkel en doen die hele dag niks anders as om blok-kiesraaisels in te vul nie. Ek het hom daarmee gehelp en gou-gou het ons aan sy tafeltjie oorkant mekaar gesit; hy op die stoel, ek op die divan.
n Vreemde gemoedstoestand het hom van my meester ge-maak toe ek in sy donkerblou o gekyk en gesien het hoe ver-le hy was oor di ongewone besoek. Ek kon op di manier sy innerlike aan alles aflees. Aan sy gesig kon ek die hulpeloosheid en die onsekerheid sien van hoe hy hom moes gedra en tegely-kertyd n sweem van die besef van sy manlikheid. Ek het die verle houding gesien en sag geword van binne. Ek wou hom vra: Vertel my tog iets oor jouself. Kyk tog deur die praatsiek-heid! Maar ek het gemerk dat sulke vrae makliker uitgedink as gestel kan word. Die aand het verbygegaan en daar het niks ge-beur nie, behalwe dat ek hom vertel het oor wat in daardie ar-tikel staan oor bloos. Natuurlik nie wat ek neergeskryf het nie, maar wel dat hy met die jare selfversekerder sou word.
Die aand in die bed moes ek huil en huil en tog moes nie-mand dit hoor nie. Ek het die idee dat ek om Peter se gunste moes smeek, gewoon afstootlik gevind. n Mens doen heelwat om sy verlangens te bevredig; dit sien jy wel aan my, want ek
het my voorgeneem om meer dikwels by Peter te gaan sit en hom op die een of ander manier aan die praat te kry.
Jy moet regtig nie dink dat ek op Peter verlief is nie. Daar is geen sprake van nie. As die Van Daans n dogter in plaas van n seun gehad het, sou ek ook probeer het om met haar vriend-skap te sluit.
Vanoggend het ek om ongeveer vyf voor sewe wakker ge-word en heeltemal seker geweet wat ek gedroom het. Ek het op n stoel gesit en teenoor my het Peter gesit  Peter Schiff. Ons het n boek met tekeninge van Mary Bos deurgeblaai. So duidelik was my droom dat ek my nog die tekeninge gedeelte-lik kan herinner. Maar dit is nie al nie, die droom het verder gegaan en meteens het Peter se o myne ontmoet en het ek lank in die mooi fluweelbruin o gekyk. Toe het Peter baie sag-gies ges: As ek dit geweet het, het ek al lankal na jou toe ge-kom! Abrup het ek omgedraai, want die ontroering het vir my te sterk geword. En daarna het ek n koel en weldadige wang teen myne gevoel en het alles so goed geword, so goed 
Op di punt aangeland, het ek wakker geword, terwyl ek nog sy wang teen myne gevoel het en sy bruin o diep in my hart voel kyk het, so diep dat hy daarin gelees het hoeveel ek van hom gehou het en hoeveel ek nog van hom hou. Die trane het weer in my o geskiet en ek was baie bedroef dat ek hom weer kwyt was, maar terselfdertyd tog weer bly, omdat ek met sekerheid geweet het dat Peter nog steeds my uitverkorene is.
Dit is eienaardig dat ek dikwels sulke duidelike droombeel-de kry. Eers het ek Oumie* so duidelik gesien dat ek haar vel van dik, sagte rimpelfluweel kon onderskei. Toe het Ouma as beskermengel verskyn en daarna Hanneli wat vir my lyk na die simbool van al my vriende en alle Jode; as ek vir haar bid, bid ek saam vir alle Jode en alle mense in ellende.
Oumie is Anne se grootmoeder van vaderskant en Ouma is haar groot-moeder van moederskant. 
En nou Peter, my liewe Peter, nog nooit het hy my so dui-delik voor die gees gestaan nie. Ek hoef nie n foto van hom te h nie; ek sien hom s, so duidelik.
Anne
Vrydag, 7 Januarie 1944
