Liewe Kittie
Vandag moet ek twee dinge aan jou beken wat heelwat tyd in beslag sal neem, maar wat ek aan iemand moet vertel, en dit moet ek tog maar liewer aan jou doen, omdat ek verseker weet dat jy altyd en onder alle omstandighede sal swyg.
Die eerste gaan oor Moeder. Jy weet dat ek dikwels oor Moeder gekla het en dan tog altyd die moeite gedoen het om vriendelik teenoor haar te wees. Dit het nou meteens vir my duidelik geword wat aan haar skort. Moeder het ons self vertel dat sy ons meer as vriendinne beskou as wat sy ons beskou as dogters. Dit is natuurlik wel baie mooi, maar tog kan n vrien-din nie die plek van n moeder inneem nie. Ek het behoefte daaraan om my moeder as n voorbeeld te neem en vir haar
eerbied te h en my moeder is in die meeste dinge wel vir my n voorbeeld, maar juis n voorbeeld van hoe ek dinge ni moet doen nie. Ek het die gevoel dat Margot oor al hierdie dinge s anders dink en wat ek nou vertel het nooit sal begryp nie. En Vader vermy alle gesprekke oor Moeder.
Ek stel my n moeder voor as n vrou wat in die eerste plek baie takt aan die dag l, veral vir haar kinders wat ons leeftyd het en nie soos Mansa wat my uitgelag het wanneer ek huil nie, nie van pyn nie, maar oor ander dinge.
n ding  dit mag miskien onbenullig lyk  het ek haar nooit vergeef nie. Dit was op n dag dat ek na die tandarts moes gaan. Moeder en Margot sou saamgaan en het gedink dis goed as ek my fiets saamneem. Toe ek klaar was by die tandarts en ons weer buite die deur gestaan het, het Margot en Moeder ewe opgewek vertel dat hulle stad toe gaan om iets te koop of te bekyk. Ek wou natuurlik saamgegaan het, maar kon nie om-dat ek my fiets by my gehad het. Van woede het ek trane in my o gekry en Margot en Moeder het hard begin lag. Toe het ek so woedend geword dat ek op straat my tong vir hulle uitge-steek het, terwyl daar toevallig n klein vroutjie verbygekom het wat heel verskrik toegekyk het. Ek het op my fiets huis toe gery en seker nog lank gehuil. Dit is eienaardig dat van al die wonde wat Moeder my toegedien het, net hierdie een begin brand as ek dink hoe kwaad ek toe was.
Die tweede ding wat ek jou wil vertel, is iets wat my baie moeite kos, omdat dit oor myself gaan. Ek is nie preuts nie, Kittie, maar ek het tog die gevoel dat as ek hulle so dikwels hier hoor praat oor wat hulle op die toilet doen, ek met my hele liggaam daarteen in verset kom.
Net gister het ek n artikel gelees van Sis Heyster wat skryf oor bloos. In di artikel praat sy asof dit net met my is. Hoe-wel ek nie so maklik bloos nie, is die ander dinge wat daarin staan tog op my van toepassing. Sy skryf so ongeveer dat n meisie in die puberteitsjare stil word in haarself en begin na-
dink oor die wondere wat in haar liggaam aan die gebeur is. Ook met my is dit die geval en daarom kry ek die laaste tyd die gevoel dat ek my begin skaam vir Moeder, Vader en Margot. Margot is baie meer verle as ek en sy skaam haar glad nie.
Ek vind dit wat met my liggaam gebeur so wonderbaarlik en nie alleen wat aan die uiterlike kant van my liggaam te sien is nie, maar dit wat hom daarbinne voltrek. Juis omdat ek oor myself en al hierdie dinge met niemand praat nie, praat ek met myself daaroor. Elke keer as ek weer menstrueer (en dit het nog maar drie maal gebeur), het ek die gevoel dat ek ondanks alle pyn, narigheid en walglikheid n soet geheim met my saamdra, en al het ek niks anders as las daarvan nie, verheug ek my in n sekere sin altyd weer oor die tyd dat ek die geheim weer in my sal voel. Verder skryf Sis Heyster nog dat n jong meisie in di jare nie heeltemal seker is van haarself nie en tot die ontdekking kom dat sy self n mens is met idees, gedagtes en gewoontes. Ek het, omdat ek hier gekom het toe ek nouliks dertien was, vroer begin om oor myself na te dink en besef dat ek n mens op my eie is. Soms kry ek in my bed in die aand n verskriklike behoefte om my borste te bevoel en te hoor hoe rustig en seker my hart klop.
Onbewus het ek dergelike gevoelens al gehad voor ek hier gekom het, want ek weet dat ek, toe ek op n aand by Jacque geslaap het, my nie meer kon inhou nie, so nuuskierig was ek oor haar liggaam wat sy altyd vir my verberg het en ek nooit gesien het nie. Ek het haar gevra of ons as bewys van ons vriendskap mekaar se borste sou bevoel. Jacque het geweier. Dit was ook so dat ek n verskriklike behoefte gehad het om Jacque te soen en dat ek dit ook gedoen het. Ek raak elke keer in ekstase as ek n naakte vrouefiguur sien, soos byvoorbeeld in Springer se Kunsgeskiedenis. Ek vind dit soms so wonderlik mooi dat ek my moet inhou om die trane nie te laat loop nie. As ek maar n vriendin gehad het!
Anne
Donderdag, 6 Januarie 1944
