Liewe Kittie
Toe ek vanmre niks te doen gehad het nie, het ek n bietjie in my dagboek geblaai en meermale op briewe afgekom wat die onderwerp moeder in sulke heftige woorde behandel dat ek daarvan geskrik en my afgevra het: Anne, is dit jy wat oor haat gepraat het? O, Anne, hoe kon jy dit gedoen het?
Ek het so met die oop bladsye in my hand bly sit en my af-gevra hoe dit gebeur het dat ek so tot oorlopens toe vol woede en werklik so vol van haat was dat ek dit alles aan jou moes toevertrou. Ek het probeer om die Anne van n jaar gelede te begryp en te verontskuldig, want my gewete is nie skoon so-lank ek jou met hierdie beskuldiginge laat sit sonder om nou agterna aan jou te verklaar hoe dit so gekom het nie. Ek het gely (en ly nog steeds) aan buie wat my kop (in figuurlike sin) onder water gehou het. Dit het my dinge net subjektief laat sien, sonder dat ek probeer het om rustig oor die woorde van die teenparty na te dink en dan op te tree soos diegene sou doen wat ek deur my opbruisende temperament beledig of verdriet aangedoen het.
Ek het my in myself toegemaak, slegs myself bekyk en al my vreugde, spot en verdriet ongestoord in my dagboek neerge-pen. Hierdie dagboek het wel vir my waarde, omdat dit in vele opsigte n herinneringsboek geword het, maar op baie bladsye sou ek tog kon skryf verby 
Ek was woedend vir Moeder (is dit dikwels nog). Sy begryp my nie; dit is waar, maar ek begryp haar ook nie. Omdat sy wel vir my lief was, was sy teer teenoor my, maar omdat sy deur my in baie onaangename situasies beland het en daardeur en deur baie droewige omstandighede senuweeagtig en gerri-teerd was, is dit tog te begrype dat sy my afgesnou het.
Ek het dit veels te ernstig opgeneem en was beledigend, parmantig en onaangenaam teenoor haar, wat haar op haar beurt weer verdrietig gemaak het. Dit was dus eintlik n oor-
en-weer-geslinger van onaangenaamhede en verdrietighede. Plesier het dit nie vir een van ons gegee nie, maar dit gaan ver-by. Dat ek dit nie wou insien nie en baie jammer vir myself ge-voel het, is eweneens begryplik.
Die sinne wat te heftig is, is net maar uitinge van woede wat ek in die gewone lewe sou laat botvier het deur n paar maal met my voete te stamp in n kamer agter slot en grendel of deur agter Moeder se rug te skel.
Die tyd dat ek Moeder in trane veroordeel, is verby; ek het wyser geword en Moeder se senuwees is n bietjie gekalmeer. Ek hou meesal my mond as ek my vererg en sy doen dit ook en daarom gaan dit onskynlik veel beter, want Moeder liefh soos n afhanklike kind, dit kan ek nie.
Ek sus my gewete nou maar met die gedagte dat skeld-woorde liewer op papier moet staan as dat Moeder dit in haar hart saam met haar moet dra.
Anne
Donderdag, 6 Januarie 1944
