Liewe Kittie
Na die laaste rusie het alles hier goed gegaan, sowel tussen ons, Dussel en ons boonste bure as tussen Meneer en Mevrou self. Maar nou is daar weer dik onweerswolke aan die opsteek oor  kos. Mevrou het op die onsalige idee gekom om soggens minder aartappels te bak en hulle liewer te bre. Moeder, Dussel en ons het nie daarmee saamgestem nie en nou het ons die aartappels verdeel. Maar nou gaan dit ook met die verde-ling van die vet nie eerlik nie en Moeder moet n stokkie daar-voor steek. As die saak enigsins n interessante afloop het, sal ek vir jou daaroor skryf. Die afgelope tyd het ons die volgende verdeel: die vleis (hulle vet, ons sonder vet); hulle sop, ons geen sop; die aartappels (hulle geskil, ons met skil).
Was ons maar heeltemal verdeel! Anne
Ns. Bep het vir my n poskaart van die hele koninklike gesin laat maak. Juliana lyk baie jonk daarop, net soos die koningin. Die meisies is skattig. Ek dink dit was besonder gaaf van Bep, dink jy nie ook so nie?
Sondag, 2 Januarie 1944
