Liewe Kittie
Ek het al meermale aan jou geskryf dat ons almal hier baie met stemminge te doen het en ek dink dat die kwaal by my in die
* By wyse van uitsondering.
laaste tyd sterk toeneem. Himmelhoch jauchsend, oder zu Tode betrbt*, is hier seker wel van toepassing. Ek is Him-melhoch jauchsend as ek daaraan dink hoe goed ons dit hier het en my vergelyk met ander Joodse kinders en zu Tode be-trbt oorval my as mevrou Kleiman hier was en vertel het van Jopie se hokkieklub, kanovaarte, toneelopvoerings en teepar-tytjies.
Ek glo nie ek is jaloers op Jopie nie, maar ek kry wel n sterk verlange om ook n keer groot pret te maak en te lag tot ek maagpyn daarvan kry. Veral nou met die Kers- en Nuwejaars-vakansiedae sit ons hier as uitgeworpenes en tog mag ek hier-die woorde eintlik nie neerskryf nie, omdat ek dan ondankbaar klink, maar ek kan nie alles vir myself hou nie en haal dan maar weer my openingswoorde aan: Papier is geduldig.
As iemand van buite af inkom met die wind in sy klere en die koue op sy gesig, dan wil ek wel my kop onder die kom-berse insteek om nie te dink nie: Wanneer word dit ons weer gegun om lug te ruik? En omdat ek my kop nie onder kus-sings mag verberg nie, maar my, inteendeel, regop en flink moet hou, kom die gedagtes tog by my op, nie n keer nie, maar vele, ontelbare kere.
Glo my, as jy n halfjaar opgesluit sit, kan dit op sommige dae vir jou te veel word. Alle regverdigheid of dankbaarheid ten spyt; gevoelens laat hulle nie onderdruk nie. Fietsry, dans, fluit, die wreld bekyk, jonk voel, weet dat ek vry is, daarna smag ek en tog mag ek dit nie laat merk nie, want dink net wat sal gebeur as al agt van ons ons lot gaan bekla of ontevrede ge-sigte gaan trek!
Soms vra ek my af of, wat dit betref, iemand my sal begryp. Sou iemand oor die ondankbaarheid heen kyk, heen kyk oor Jood of nie-Jood, en alleen maar in my die bakvissie sien wat so n behoefte het aan uitgelate pret? Ek weet dit nie en ek sou
Hemelhoog juigend of tot die dood toe bedruk, d.w.s. uitgelate bly of diep bedroef. 
ook nie met iemand daaroor kan praat nie, want ek weet dat ek dan sal huil. Huil kan so n verligting bring, as jy net by iemand kan huil. Ondanks alles, ondanks teorie en moeite mis ek elke dag en elke uur n moeder wat my begryp. En daarom dink ek met alles wat ek doen en wat ek skryf dat ek later vir my kinders die Mams wil wees wat ek my voorstel. Die Mams wat nie alles ernstig opneem wat sommerso ges word nie, maar wat van my af kom wel ernstig benader. Ek merk dat ek dit nie goed kan verduidelik nie, maar die woord Mams s al alles. Weet jy wat ek bedink het om my moeder tog so iets soos Mams te noem? Ek noem haar dikwels Mansa en daarvan kom Mans. Dit is as t ware die onvolkome Mams wat ek so graag met nog n beentjie aan die n sou wil vereer. Dit is gelukkig dat Mans dit nie besef nie, want sy sou onge-lukkig wees daaroor. Nou is dit genoeg. My zu Tode betrbt het met die skryf n bietjie oorgegaan.
Anne
In hierdie dae, noudat Kersfees maar een dag verby is, moet ek gedurig aan Pim dink en wat hy my verlede jaar vertel het. Ver-lede jaar, toe ek die betekenis van sy woorde nie begryp het soos ek dit nou begryp nie. As hy nog maar een keer sal praat, sal ek hom kan laat sien dat ek hom begryp! Ek dink dat Pim daaroor gepraat het, omdat hy wat soveel hartsgeheime van ander ken, hom ook n keer moes uitspreek, want Pim s nooit iets oor homself nie en ek glo nie dat Margot vermoed wat Pim moes deurgemaak het nie. Die arme Pim, hy kan my nie wys-maak dat hy haar vergeet het nie. Nooit sal hy dit vergeet nie. Hy het toegeeflik geword, want ook hy sien Moeder se foute in. Ek hoop dat ek n bietjie soos hy sal wees, sonder dat ek dit hoef deur te maak!
Anne
Maandag, 27 Desember 1943
Vrydagaand het ek vir die eerste keer in my lewe iets vir Kers-fees gekry. Die meisies Kleiman en Kugler het weer n heerlike verrassing voorberei. Miep het n lekker Kerskoek gebak waar-op Vrede 1944 gestaan het. Bep het gesorg vir n pond bot-terkoekies van vooroorlogse kwaliteit.
Vir Peter, Margot en my was daar n houertjie jogurt en vir elkeen van die volwassenes n bottel bier. Alles was weer so mooi toegedraai en op al die pakkies was mooi prentjies ge-plak. Die Kersdae het verder gou vir ons verbygegaan.
Anne
Woensdag, 29 Desember 1943
Gisteraand was ek weer baie verdrietig. Ouma en Hanneli het weer in die gees voor my kom staan. Ouma, o, die liewe Ouma, hoe min het ons verstaan van wat sy gely het, hoe goed sy altyd weer vir ons was, hoeveel belangstelling sy altyd gehad het vir alles wat ons geraak het. En daarby het sy die vreeslike geheim wat sy met haar saamgedra het, sorgvuldig bewaar.*
Hoe trou en goed was Ouma altyd; sy sou nooit een van ons in die steek gelaat het nie. Wat dit ook was, hoe stout ek ook al was, Ouma het my altyd verontskuldig. Ouma  was jy lief vir my of het jy my ook nooit begryp nie? Ek weet dit nie. Hoe eensaam moes Ouma gewees het, hoe eensaam, ondanks ons. n Mens kan eensaam wees ondanks die liefde van baie as jy vir niemand die mees geliefde is nie.
En Hanneli? Leef sy nog? Wat doen sy? O God, beskerm haar en bring haar na ons terug. Hanneli, aan jou sien ek steeds hoe my lot ook kon gewees het, steeds sien ek my in jou plek. Hoe-kom is ek dan dikwels verdrietig oor wat hier gebeur? Moet ek
* Die grootmoeder het n ernstige siekte gehad.
nie altyd bly, tevrede en gelukkig wees nie, behalwe as ek aan haar en haar lotgenote dink? Ek is selfsugtig en lafhartig.
Waarom droom en dink ek die ergste dinge en sou ek dit van angs wou uitgil? Omdat ek tog, ondanks alles, God nie vertrou nie. Hy het my soveel gegee wat ek seker nie verdien het nie en tog doen ek elke dag nog soveel verkeerds!
n Mens kan huil as jy aan jou naaste dink, n mens kan eint-lik die hele dag huil. n Mens kan net maar bid dat God n won-der sal laat gebeur en enkeles sal spaar. En ek hoop dat ek dit genoeg doen!
Anne
Donderdag, 30 Desember 1943
