Liewe Kittie
n Kwaai griep het my verhinder om voor vandag aan jou te skryf. Dit is ellendig om hier siek te wees. As ek moes hoes, het ek een, twee, drie onder die komberse ingekruip en probeer om die geluid te smoor. Dit het tot gevolg gehad dat die ge-kriewel glad nie meer oorgegaan het nie en melk met heuning, suiker of suigtablette tot my redding moes kom. As ek aan die kure dink wat hulle my laat deurmaak het, duisel ek: sweet, warm kompresse, nat doeke op my bors, dro doeke op my bors, warm dranke, gorrel, my keel en verhemelte verf, stil l, warm kussings, warmwatersakke, suurlemoensap en daarby elke twee uur die koorspen. Kan n mens op so n manier nou eintlik beter word? Wat vir my die ergste was, was toe meneer Dussel doktertjie gespeel het en met sy kop  die ene haarroom  op my kaal bors gaan l het om na die geluide daarbinne te luister. Dit was nie net omdat sy hare my vreeslik gekrap het nie, maar omdat ek my geskaam het, ondanks die feit dat hy dertig jaar gelede gestudeer het en die titel van dokter het. Wat
het die vent besiel om teen my hart te gaan l? Hy is tog nie my geliefde nie! Trouens, wat daar binne gesond of nie gesond is nie, kan hy tog nie hoor nie; sy ore moet eers uitgespuit word aangesien hy angswekkend baie na n hardhorende begin lyk. Maar nou genoeg van siekte.
Ek is weer fris en gesond; een sentimeter langer, twee pond opgetel, bleek en leerlustig. Ausnahmsweise* (n ander woord pas nie hier nie) is die verhoudinge hier goed, niemand het met iemand anders rusie nie, maar dit sal tog nie lank duur nie. Ons het seker vir n halfjaar nie so n huislike vrede gehad nie.
Bep is nog steeds van ons geskei, maar die sussie sal gou weer bakterievry wees.
Ons kry vir Kersfees ekstra olie, snoepgoed en stroop. Vir Hanukka het meneer Dussel vir mevrou Van Daan en Moeder n mooi koek present gegee. Miep het dit op Dussel se versoek gebak. By al haar werk moes Miep dit ook nog doen! Margot en ek het n borsspeld present gekry, gefabriseer uit n sentstuk wat pragtig blink.
Vir Miep en Bep het ek ook iets vir Kersfees. Ek het naam-lik n maand lank die suiker vir my pap gespaar. Kleiman het nou lekkers daarvan laat maak.
Die weer is miserabel, die kaggel stink, die ete l swaar in almal se mae, wat van alle kante donderende geluide veroor-saak, wapenstilstand, nare stemming.
Anne
Vrydag, 24 Desember 1943
