Liewe Kittie
Hoe nader ons aan Sint Nicolaas gekom het, hoe meer het ons almal teruggedink aan die mooi opgemaakte mandjie van ver-lede jaar en veral vir my was dit n onaangename gedagte om vanjaar alles oor te slaan. Ek het lank nagedink totdat ek op iets grappigs gekom het. Pim is geraadpleeg en n week gelede het ons aan die werk gespring om vir al agt van ons n versie te maak.
Sondagaand om kwart oor agt het ons bo ons verskyning gemaak met tussen ons die groot wasgoedmandjie wat versier was met figuurtjies en strikke van blou en pienk deurslag-papier. Bo-op die mandjie was n groot stuk bruin toedraai-papier met n briefie daaraan vasgemaak. Almal daar bo was verbaas oor die omvang van die verrassing. Ek het die briefie afgehaal en gelees:
PROLOOG:
Sinterklaas* is ook dit jaar weer gekomen
Zelfs het Achterhuis heeft het vernomen.
Helaas, kunnen we het niet zo leuk begaan
Als het verlede jaar was gedaan.
* Wisselvorm vir Sint Nicolaas.
Toen waren we hoopvol en dachten beslist Dat zegevieren zou de optimist
En meenden dat dit jaar vrij Sint Nicolaas te vieren zij.
Toch willen wij des daags gedenken. Maar daar nu niets meer is te schenken Zo moeten wij iets anders doen
Een ieder kijke in zijn schoen!
n Dawerende gelag het gevolg toe elke eienaar sy skoen uit die mandjie gehaal het. In elke skoen was n klein toegedraaide pakkie met die adres van die eienaar daarop.
Anne
Woensdag, 22 Desember 1943
