Liewe Kittie
Gisteraand voor ek aan die slaap geraak het, het Hanneli met-eens voor my verskyn.
Ek het haar voor my gesien, in vodde geklee met n vervalle en vermaerde gesig. Haar o was yslik groot en sy het my so droewig en verwytend aangekyk dat ek in haar o kon lees: O, Anne, waarom het jy my verlaat? Help, o help my, red my uit hierdie hel!
* Die man het n groot gees. Maar sy dade is so klein!
En ek kan haar nie help nie, ek kan slegs toekyk hoe ander mense ly en sterf en daarom moet ek met my hande inmekaar gevou sit en God slegs vra om haar terug te bring na ons. Juis vir Hanneli het ek gesien en niemand anders nie, en ek begryp dit. Ek het haar verkeerd beoordeel, was te veel van n kind om haar moeilikhede te begryp. Sy was geheg aan haar vriendin en dit het gelyk of ek haar di vriendin wou ontneem. Hoe moes die arme kind nie gevoel het nie! Ek weet dit, ek self ken di gevoel so goed! Soms in n flits het ek iets van haar lewe ge-sien, om direk daarna weer egosties in my eie genoens en moeilikhede op te gaan.
Dit was lelik van my om op di wyse teen haar op te tree en nou kyk sy my met haar bleek gesig en smekende blik, o so hulpeloos aan. Kon ek haar maar gehelp het! O God, dat ek hier alles het waarvoor ek maar kan wens en dat sy deur die wrede noodlot so getref is. Sy was minstens net so vroom soos ek, sy wou ook die goeie doen, waarom is ek uitverkore om te leef en moet sy waarskynlik sterf? Watter verskil was daar tus-sen ons? Waarom is ons nou so ver van mekaar?
Eerlik ges, het ek haar maande lank, ja byna n jaar vergeet, nie heeltemal nie, maar tog nie so dat ek haar in haar ellende voor my gesien het nie. Ag, Hanneli, ek hoop dat ek jou, as jy nog die einde van die oorlog sou beleef en na ons sou terug-kom, sal kan opneem in my vriendskap om iets aan jou te ver-goed vir die kwaad wat ek jou aangedoen het. Maar as ek weer in staat is om haar te help, dan sal sy my hulp nie so nodig h soos nou nie. Sou sy nog soms aan my dink en wat sou sy dan voel?
Goeie God, gee haar steun, sodat sy ten minste nie alleen is nie. O, kon Jy maar aan haar s dat ek met liefde en medelye aan haar dink, sou dit miskien haar uithouvermons versterk.
Ek mag nie verder dink nie, want ek kry geen helderheid nie. Ek sien steeds weer haar groot o wat my nie loslaat nie. Sou Hanneli werklik die geloof in haarself h, sou sy die geloof nie net van buite af aan haar opgedring gekry het nie? Ek weet
dit nie eens nie, nooit het ek die moeite gedoen om dit aan haar te vra nie.
Hanneli, Hanneli, kon ek jou maar wegneem van waar jy nou is, kon ek jou maar laat deel in wat ek geniet. Dit is te laat, ek kan nie meer help nie en ek kan nie meer herstel wat ek ver-keerd gedoen het nie. Maar ek sal haar nooit weer vergeet nie en altyd vir haar bid!
Anne
Maandag, 6 Desember 1943
