Liewe Kittie
Huisskokkende gebeurtenisse aan die gang. By Bep tuis heers witseerkeel, daarom mag sy ses weke lank nie met ons in aan-raking kom nie. Wat sowel kos as inkopies betref, is dit baie las-tig, om van die ongeselligheid nie eers te praat nie. Kleiman l nog steeds en het al drie weke lank niks anders as melk en dun pap gehad om te eet nie. Kugler is ontsettend besig.
Margot se Latynse lesse word deur n onderwyser gekorri-geerd teruggestuur. Margot skryf onder Bep se naam. Die on-derwyser is baie aangenaam en het bowendien n sin vir hu-mor. Hy is seker bly dat hy so n knap leerling gekry het.
Dussel is heeltemal in die war en nie een van ons weet waar-om nie. Dit het begin deurdat hy hier bo sy lippe toeknyp en ng met meneer Van Daan ng met mevrou Van Daan n woord praat. Dit val almal op. Toe dit n paar dae aangehou het, het Moeder die geleentheid waargeneem om hom te waar-sku teen Mevrou, wat hom inderdaad op di manier veel on-aangenaamhede kan besorg. Dussel s dat meneer Van Daan met die stilswye begin het en dat hy ook nie van plan was om sy swye te verbreek nie. Nou moet jy weet dat dit gister die ses-tiende November was, die dag waarop hy n jaar in die Agter-huis is. Moeder is by di geleentheid met n vasie blomme ver-
eer, maar mevrou Van Daan wat al weke vantevore op hierdie datum toespelings gemaak het, en haar mening dat Dussel ons moet trakteer nie onder stoele en banke weggesteek het nie, het niks gekry nie. In plaas van om vir die eerste keer sy dank vir sy onbaatsugtige insluiting uit te spreek, het hy glad nie ge-praat nie. En toe ek op die mre van die sestiende aan hom ge-vra het of ek hom moes gelukwens of met hom moes simpati-seer, het hy geantwoord dat hy alles aanvaar. Moeder wat die mooi rol van vredemaker wou vertolk, kom geen stap verder nie en uiteindelik het die toestand dieselfde gebly.
Dit is geen oordrywing nie as ek s dat daar in Dussel se brein n skakel ontbreek. Ons is dikwels in stilte geamuseerd daaroor dat hy geen geheue, geen mening en geen oordeel het nie en lag baie maal as hy pas gehoorde berigte totaal verkeerd oorvertel en alles verwar. Verder maak hy met betrekking tot elke verwyt en beskuldiging mooi beloftes waarvan niks uitge-voer word nie.
Der Mann hat einen grossen Geist und ist so klein von Taten!*
Anne
Saterdag, 27 November 1943
