Liewe Kittie
Ek gaan teenswoordig saans dikwels na bo en asem in Peter se kamer die fris aandlug in. In n donker kamer kom jy veel gouer by behoorlike gesprekke uit as wanneer die son in jou gesig kriewel. Dis vir my gesellig om bo op n stoel langs hom te sit en na buite te kyk. Van Daan en Dussel gedra hulle vrees-lik kinderagtig as ek in sy kamer in verdwyn. Annes zweite Heimat* word dan ges of: Is dit gepas vir here om saans laat in die donker nog jong meisies op besoek te h? Peter be-sit n besondere teenwoordigheid van gees by dergelike soge-naamd geestige opmerkings. My mamma is trouens ook nie n
* Anne se tweede vaderland.
bietjie nuuskierig nie en sou baie graag na die onderwerpe van ons gesprekke wou vra as sy nie in die stilte bang was vir n af-wysende antwoord nie.
Peter s dat die volwassenes niks anders as nyd voel omdat ons jonk is en ons van hulle haatlikhede nie veel aantrek nie. Soms kom hy my onder haal, maar dit is tog ook pynlik, want hy kry ondanks alles n vuurrooi gesig en kan skaars n woord uitkry. Ek is tog maar bly dat ek nooit bloos nie; dit lyk vir my na n hoogs onaangename gewaarwording.
Dis vir my baie sleg dat Margot alleen onder sit, terwyl ek bo goeie geselskap het. Maar wat kan ek daaraan doen; dis vir my goed as sy saam boontoe gaan, maar dan is sy soos n vyfde wiel aan die wa en sit sy min of meer vir spek en bone by ons.
Ek moet van almal heelwat oor die plotselinge vriendskap aanhoor en weet werklik nie hoe dikwels n tafelgesprek in die Agterhuis al gegaan het oor trou as die oorlog nog vyf jaar mag duur nie. Wat trek ons ons eintlik van al die ouerlike ge-klets aan? In elk geval nie veel nie; dis alles so flou. Sou my ouers hulle jeug vergeet het? Dit lyk vir my so; hulle neem ons, hoe dan ook, altyd ernstig op as ons n grappie maak en lag vir ons as ons ernstig is.
Hoe dit nou verder sal gaan, weet ek regtig nie en of ons altyd iets sal h om oor te praat, ewe min. Maar as dit verder sal gaan tussen ons, sal ons ook sonder om te praat by mekaar kan wees. As die ouer garde bo hulle nou maar nie so belaglik gedra nie. Dis seker omdat hulle my nie graag so dikwels wil sien nie. Peter en ek sal beslis nie s waaroor ons gesels nie. Dink net wat sal gebeur as hulle moes weet oor watter intieme onderwerpe ons dit het.
Ek wou Peter graag vra of hy weet hoe n meisie eintlik lyk. Ek neem aan n seun is van onder nie so ingewikkeld ingerig soos n meisie nie. Op fotos en afbeeldinge van naakte mans kan jy baie goed sien hoe hulle daar uitsien, maar dieselfde geld nie vir vrouens nie. Daar sit die geslagsdele, of wat n mens dit ook noem, meer tussen die bene. Hy het vermoedelik nog nooit n meisie van so naby gesien nie; eerlik ges, ek ook nie.
Dit is inderdaad by seuns veel makliker. Hoe sal ek die installa-sie in hemelsnaam moet uitl? Want dat hy dit nie presies weet nie, kon ek uit sy woorde aflei. Hy het gepraat van n Mutter-mund*, maar dit sit binne; daarvan kan jy niks sien nie. By ons is dit tog baie goed ingedeel. Voor ek elf of twaalf jaar oud was, het ek nie geweet dat daar ook nog die binneste skaam-lippe is nie; hulle was glad nie te sien nie. En die mooiste van alles was dat ek gedink het dat die urine uit die klitoris kom. Toe ek Moeder op n keer gevra het wat di doodlopende ding beteken, het sy ges sy weet nie. Sy hou haar ook altyd so dom!
Maar om terug te keer tot die onderwerp. Hoe moet jy nou in hemelsnaam sonder voorbeelde uitl hoe dit inmekaar sit? Sal ek dit hier voorlopig maar n keer probeer? Nou goed dan!
Van voor as jy staan, sien jy niks anders as hare nie. Tussen jou bene sit daar eintlik soort van kussinkies, sagte goedjies, ook met hare wat as n mens staan, teen mekaar l; n mens kan wat tussenin is dan nie sien nie. As jy gaan sit, druk hulle weg van mekaar en daar binne lyk dit baie rooi en lelik en vlesig. Aan die boonste gedeelte, tussen die groot skaamlippe sit n velplooitjie, wat by nadere beskouing eintlik n soort blasie is; dit is die klitoris. Dan kom die klein skaamlippe; hulle is ook teen mekaar gedruk net asof dit n plooitjie is. As hulle oop-gaan, is daarbinne n vlesige stompie, nie groter as die bokant van my duim nie. Die boonste gedeelte daarvan is poreus; daar is verskeie gaatjies in en die urine kom daaruit. Die onderste gedeelte lyk asof dit maar net vel is, maar die skede sit daar. Dit is so bedek met huidplooitjies dat jy dit byna nie kan vind nie. Die gaatjie wat daaronder sit, is so klein dat ek nie kan dink hoe n man daar moet inkom nie, wat nog te s n hele kind daaruit. Jy kan jou wysvinger nie eens maklik in di gaatjie in-kry nie. Dit is al, en dit speel tog so n groot rol!
Anne M. Frank
* Baarmoedermond.
Saterdag, 25 Maart 1944
