Liewe Kittie
Ek het net een goeie titel vir hierdie hoofstuk:
Ode aan my vulpen
In memoriam
(Uit Margot se Schola Latina)*
My vulpen was altyd vir my n kosbare besitting; ek het hom baie waardeer, veral vanwe die dik punt wat hy gehad het, want slegs met dik vulpenpunte kan ek werklik netjies skryf. My vulpen het n baie lang en interessante vulpenlewe gehad, waarvan ek kortliks wil vertel.
Toe ek nege jaar oud was, het my vulpen in n pakkie (in watte toegedraai) as n monster sonder waarde die hele ent uit Aken, die woonplek van my ouma, die goeie geefster, ge-kom. Ek het in die bed gel met griep, terwyl die Februarie-wind om die huis getier het. Die glorieryke pen was in n rooi leersakkie en is al die eerste dag vir my vriendinne gewys. Ek, Anne Frank, die trotse besitter van n vulpen.
In die b-versie (Kritiese Edisie, p. 456) kom die rel voor. Dit sluit pragtig aan by Anne se skrywe oor die kursus Latyn waarvoor haar vader en Margot ingeskryf het (Woensdag, 3 November 1943). 
Toe ek tien jaar was, kon ek die pen saamneem skool toe en, sowaar, die juffrou het my toegelaat om daarmee te skryf. Op elf moes my skat egter weer gebre word, omdat die Graad 6-juffrou slegs skoolpenne en inkpotjies as skryfgereedskap toe-gelaat het. Toe ek op twaalf na die Joodse Lyceum gegaan het, het my vulpen ter ere van sy verhoogde status n nuwe sakkie gekry, waarby n potlood kon kom en wat veel beter gelyk het, omdat dit met n ritssluiter toegemaak het. Op my dertiende jaar is die vulpen saam na die Agterhuis waar hy hom saam met my deur tallose dagboeke en geskrifte gehaas het. My veertiende jaar was die laaste jaar wat my vulpen saam met my voltooi het en nou 
Dit was op Vrydagmiddag na vyfuur dat ek uit my kamer-tjie gekom het en aan die tafel wou gaan sit om te skryf, toe ek hardhandig opsy gestoot is om plek te maak vir Vader en Margot wat hulle Latyn geoefen het. Die vulpen het ongebruik op die tafel bly l en sy besitter het sugtend genoe geneem met n heel klein hoekie van die tafel en het daar boontjies begin vryf . Boontjies vryf  beteken hier om beskimmelde bruinbone weer fatsoenlik te kry. Om kwart voor ses het ek die vloer gevee en die afval saam met die slegte bone in n koerant in die kaggel gegooi. n Geweldige vlam het daar uitgeslaan en ek het gedink dis pragtig dat die kaggel wat op sterwe na dood was, op di manier herstel het.
Die rus het teruggekeer, die Latiniste het die wyk geneem en ek het aan die tafel gaan sit om my voorgenome skryfwerk te hervat, maar waar ek ook al gesoek het, my vulpen was nrens te sien nie. Ek het weer gesoek, Margot het gesoek, Moeder het gesoek, Vader het gesoek, Dussel het gesoek, maar die ding het spoorloos verdwyn.
Miskien het dit saam met die bone in die kaggel geval, het Margot aangevoer.
Ag, nee, kind, het ek geantwoord.
Toe my vulpen die aand egter nog nie te voorskyn wou kom nie, het ons almal aanvaar dat dit verbrand het, te meer omdat
selluloed hoogs ontvlambaar is. En werklik, die droewige ver-wagting is bevestig toe Vader die anderdagmre die kaggel leeggemaak het en die knippie waarmee n mens n vulpen vas-steek tussen n hoop as gekry het. Van die goue pen het niks meer oorgebly nie. Seker ingebak in die een of ander steen, het Vader gemeen.
Een troos het vir my oorgebly: My vulpen is veras, presies wat ek so graag wil h later met my moet gebeur!
Anne
Woensdag, 17 November 1943
