Liewe Kittie
As jy my stapeltjie briewe na mekaar sou deurlees, sal dit jou sekerlik opval in watter verskillende stemminge hulle geskryf is. Ek vind dit self hinderlik dat ek hier in die Agterhuis so af-hanklik is van stemminge. Trouens, dit is nie net ek nie, maar ons almal. As ek n boek lees wat n indruk op my maak, moet ek grondig orde in myself skep alvorens ek my tussen die mense begewe, anders sal hulle dink dat ek n taamlik vreemde gemoedslewe het. Op die oomblik, soos jy self sal agterkom, ervaar ek n tyd van neerslagtigheid. Ek sal regtig nie vir jou kan s waarom dit so is nie, maar ek glo dat dit my lafhartig-heid is waarteen ek my telkens weer vasloop. Toe Bep vanaand nog hier was, is die deurklokkie lank en deurdringend gelui. Op daardie oomblik het ek wit geword en het ek maagpyn en hartkloppings gekry, alles net deur bangheid.
Die aand in die bed het ek myself alleen in n kerker gesien, sonder Vader en Moeder. Soms swerf ek op paaie rond, of ons Agterhuis is aan die brand, of hulle kom ons in die nag weg-neem en ek gaan in vertwyfeling onder die bed l. Ek sien alles asof ek dit aan die lyf ervaar. En om dan nog die gevoel te h dat dit alles jou binnekort kan oorkom.
Miep s wel dikwels dat sy ons beny, omdat ons hier rus het. Dit kan heeltemal waar wees, maar aan ons angs dink sy seker nie.
Ek kan my glad nie voorstel dat die wreld ooit weer vir ons gewoon sal word nie. Ek praat wel oor na die oorlog, maar dan is dit of ek oor n lugkasteeltjie praat wat nooit werklikheid kan word nie.
Ek sien ons agt saam in die Agterhuis asof ons n stukkie blou hemel is, omring deur swaar, swart renwolke. Die ronde, afgebakende plekkie waarop ons staan is nog veilig, maar die wolke ruk steeds nader aan ons op en die ring wat ons van die naderende gevaar skei, word steeds nouer om ons getrek. Nou is ons al so deur gevaar en donkerte omgewe dat ons, in ver-
twyfeling oor waar om uitredding te vind, teen mekaar bots. Ons kyk almal ondertoe waar die mense teen mekaar veg, ons kyk almal boontoe waar dit rustig en mooi is en intussen is ons afgesny deur die duistere massa wat ons nie na onder of bo trek nie, maar wat voor ons staan as n ondeurdringbare muur wat ons wil verpletter, maar nog nie kan nie. Ek kan niks anders doen nie as om te roep en te smeek: O ring, ring, word wyer en gaan oop vir ons!
Anne
Donderdag, 11 November 1943
