Liewel. Vir my is dit veels te moeilik, hoewel ek baie graag Latyn sou wou leer.
Om my ook aan iets nuuts te laat begin, het Vader by Klei-man navraag gedoen oor n Kinderbybel om my eindelik iets van die Nuwe Testament te wete te laat kom.
Wil jy vir Anne n Bybel vir Hanukka gee? vra Margot taamlik ontsteld.
Ja  e, ek dink dat die vyfde Desember, Sint Nicolaasdag, n beter geleentheid is, het Vader geantwoord.
Jesus pas nou eenmaal nie op Hanukka nie.
Omdat die stofsuier stukkend is, moet ek elke aand die mat met n ou borsel bydam. Die venster toe, die lig aan, die kaggel aan die brand en dan met die borsel oor die vloer. Dit kan nie goed gaan nie, het ek al die eerste keer by myself gedink, hier-oor gaan daar klagtes kom. En ja, Moeder het hoofpyn gekry van die dik stofwolke wat in die kamer bly ronddwarrel het, op Margot se nuwe Latynse woordeboek het n laag vuiligheid gaan l en Pim het gebrom dat die vloer glad nie anders gelyk het nie. Stank vir dank, noem n mens so iets.
Die nuutste Agterhuis-reling is dat die kaggel Sondag tel-kens om halfagt aangesteek word in plaas van om halfses sog-gens. Ek vind dit n gevaarlike toestand. Wat moet die bure nie van ons rokende skoorsteen dink nie? Dieselfde geld die gor-dyne. Hulle bly sedert die begin van ons skuiltyd stokstyf vas-gesteek. Soms kry een van die here of die dames n bevlieging om gou na buite te kyk. Gevolg: n storm van verwyte. Ant-woord: Niemand sien dit tog nie. Daarmee begin en eindig elke onversigtigheid. Dit sien n mens nie, dit hoor n mens nie, niemand let dit op nie. Dit is maklik ges, maar is dit wel die waarheid? Op die oomblik het die rusiestorms weer gaan l, slegs Dussel het rusie met die Van Daans. As hy oor Mevrou praat, hoor jy niks anders nie as die dom koei of die ou kalf  en omgekeerd betitel Mevrou die onfeilbare geleerde met altyd-op-die-tone-getrapte oujongnooi, ensovoorts.
Die pot verwyt die ketel dat hy swart is. Anne
Maandagaand, 8 November 1943
