Liewe Kittie
Meneer Kleiman is weer afwesig; sy maag laat hom nie met rus nie. Hy weet self nog nie eens of die bloeding gestop is nie. Hy was vir die eerste keer werklik bedruk toe hy ons vertel het dat hy nie goed voel nie en huis toe gaan.
Hier was weer dawerende rusies tussen Meneer en Mevrou. Dit het so gebeur: Hulle geld is op. Hulle wou n winterjas en n pak van Meneer verkoop, maar daarvoor was geen koper te vinde nie. Hy wou veels te ho pryse h.
Op n dag, al n tydjie gelede, het meneer Kleiman gepraat oor n pelsbewerker met wie hy bevriend is. Daardeur het Meneer op die idee gekom om Mevrou se pelsjas te verkoop. Dit is n pelsjas van konynvelle gemaak en is sewentien jaar lank gedra. Mevrou het 325 gulde daarvoor gekry, wat n enor-me bedrag is. Mevrou wou die geld hou om na die oorlog nuwe klere te koop en dit het heelwat moeite gekos voordat Meneer dit vir haar duidelik gemaak het dat die geld dringend nodig was vir die huishouding.
Di gegil, geskreeu, gestamp en geskel kan jy jou onmoont-lik voorstel. Dit was angswekkend. My gesin het met ingehoue
asem onder aan die trap gestaan om, as dit nodig sou wees, die vegtendes uitmekaar te hou. Al die gekyf, gehuil en die senu-weeagtigheid is so spannend en inspannend dat ek saans hui-lend in my bed val en die hemel dank dat ek n halfuurtjie vir myself alleen het.
Met myself gaan dit goed, behalwe dat ek geen eetlus het nie. Ek hoor steeds: Goeiste, jy lyk sleg! Ek moet s dat hulle hulle afsloof om my liggaamlik n bietjie op standaard te hou. Daarvoor word druiwesuiker, lewertraan, gistablette en kalk gebruik. Ek is lank nie altyd baas oor my senuwees nie; veral op Sondae voel ek ellendig. Dan is die stemming in die huis drukkend, slaperig en loodswaar. Buite hoor jy geen vol sing nie, n doodse en benouende stilte hang oor alles heen en die swaarmoedigheid klem hom aan my vas asof ek saamgetrek word na n diepe onderwreld. Vader, Moeder en Margot laat my dan by tye koud. Ek dwaal van die een kamer na die ander, die trap af en weer op en voel soos n sangvol waarvan die vlerke hardhandig uitgeruk is en wat in volslae duisternis teen die tralies van sy kou vasvlieg. Na buite, lug en lag! skreeu dit in my. Ek antwoord nie eens meer nie, gaan l op n divan en slaap om die tyd, die stilte en ook die verskriklike angs te verkort, want om n einde daaraan te maak, is nie moontlik nie.
Anne
Woensdag, 3 November 1943
