Liewe Kittie
Kleiman is weer terug. Gelukkig! Hy lyk nog n bietjie bleek, maar gaan tog opgewek uit om vir Van Daan klere te verkoop.
Dit is n nare feit dat Van Daan se geld heeltemal op is. Sy laaste honderd gulde het hy in die pakhuis verloor, wat vir ons nog steeds lastig is. Hoe kan honderd gulde op n Maandag-oggend in die pakhuis beland? Alles aanleiding tot agterdog. Intussen is die honderd gulde gesteel. Wie is die dief?
Maar ek het oor geldskaarste geskryf. Mevrou wil van haar stapel jasse, rokke en skoene niks afstaan nie en Meneer se pak kan moeilik van die hand gesit word. Peter se fiets was op skou, maar is onverkoop terug; niemand wil dit h nie. Die einde van die verhaal is nog nie in sig nie. Mevrou sal wel moet afstand doen van haar pelsjas. Haar standpunt dat die besig-heid in ons onderhoud moet voorsien, gaan nie op nie. Bo het hulle in di verband n yslike rusie gehad en nou het die versoe-ningsperiode van Ag, liewe Putti en my skattige Kerli aan-gebreek.
Ek duisel van die skeldwoorde wat in die laaste maand deur hierdie eerbare huis gevlieg het. Vader loop met saamgeperste lippe rond. As iemand hom roep, kyk hy skigtig op, asof hy bang is dat hy opnuut n delikate saak moet oplos. Moeder het rooi vlekkies van opgewondenheid op haar wange, Margot kla oor hoofpyn, Dussel kan nie slaap nie, Mevrou kla die hele dag en ek self is die kluts heeltemal kwyt. Eerlik ges vergeet ek af en toe met wie ons rusie het en met watter persoon die versoe-ning al plaasgevind het.
Al wat my aandag aflei, is leer, en dit doen ek baie. Anne
Vrydag, 29 Oktober 1943
