Liewe Kittie
Mevrou Van Daan het verjaar. Ons het haar, behalwe n kaas-, vleis- en broodkoepon, net nog n potjie konfyt present gegee. Van haar man, Dussel en die kantoor het sy ook uitsluitlik blomme of eetware ontvang. Dit is nou eenmaal die tye waarin ons leef!
Bep het gedurende die week n halwe senuweeuitbarsting gehad, so dikwels word sy gestuur. Tien keer per dag kry sy opdragte; altyd word daarop aangedring dat sy iets moet gaan haal, dat sy gou weer moet loop of dat sy dit verkeerd gedoen het. As n mens dan in ag neem dat sy haar werk onder in die kantoor ook moet klaarkry, Kleiman siek is, Miep by haar huis met n verkoue rondloop, sy self haar enkel verstuit het, liefdes-verdriet en tuis n klaende vader het, kan jy dink dat sy met haar hande in haar hare sit. Ons het haar getroos en ges dat as sy n paar keer met oortuiging sou beweer dat sy geen tyd het nie, die opdraglysies vanself korter sal word.
Saterdag het hier n drama afgespeel wat sy gelyke in heftig-heid nog nie gehad het nie. Dit het met Van Maaren begin en geindig in n algemene rusie met n gesnik. Dussel het by Moeder daaroor gekla dat hy soos n uitgestotene behandel word, dat niemand van ons vriendelik teenoor hom is nie, dat
hy ons tog niks aangedoen het nie en nog n reeks soetsappige vleierye waarvoor Moeder hierdie keer gelukkig nie geval het nie. Sy het hom vertel dat ons almal baie teleurgesteld in hom is en dat hy ons meer as een keer aanleiding gegee het tot er-gernis. Dussel het hemel en aarde beloof waarvan soos altyd tot nou toe niks gekom het nie.
Met die Van Daans gaan dit verkeerd loop, ek sien dit nou al aankom! Vader is woedend omdat hulle ons bedrieg; hulle hou vleis en dergelike dinge terug. O, watter uitbarsting hang nou weer bo ons koppe? As ek maar nie so nou by al die sker-mutselinge betrokke was nie, as ek maar kon weggaan! Hulle maak ons nog gek!
Anne
Sondag, 17 Oktober 1943
