Liewe Kittie
Die onderlinge verhoudinge hier word hoe langer, hoe slegter. Aan tafel durf niemand sy mond oopmaak nie (behalwe om n hap kos daarin te laat verdwyn), want wat jy ook al s, word
* Met die Italiaanse keiser word Mussolini (Il Duce) bedoel.
jou f kwalik geneem f verkeerd opgevat. Meneer Voskuijl kom af en toe kuier. Ongelukkig gaan dit met hom baie sleg. Hy maak dit vir sy gesin ook nie makliker nie, omdat hy steeds met net een ding voor o loop: Wat maak dit saak, ek gaan tog dood! Ek kan my die stemming by die Voskuijls tuis maklik voorstel as ek dink hoe prikkelbaar almal hier is.
Ek sluk elke dag valeriaantjies teen angs en depressie, maar dit verhoed tog nie dat my stemming die volgende dag nog miserabeler is nie. n Keer goed en hard lag sal meer help as tien valeriaantjies, maar ons het byna verleer om te lag. Soms is ek bang dat ek van die ernstigheid n uitdrukkinglose gesig en neerhangende mondhoeke kry. Met die ander is dit nie beter gesteld nie; almal sien met bange voorgevoelens op teen die groot rotsblok wat winter heet.
Nog n feit wat ons nie opkikker nie, is dat die pakhuisman Van Maaren agterdogtig oor die agterste gebou word. Dit moet iemand met n bietjie verstand wel opval dat Miep s sy gaan na die laboratorium toe, Bep na die argief, Kleiman na die Opekta-voorraad en dat Kugler beweer dat die Agterhuis nie by die perseel hoort nie, maar by die gebou van die buurman.
Dit sou ons niks geskeel het wat Van Maaren van die toe-stand dink as die man nie bekend gestaan het as onbetroubaar en daarby hoogs nuuskierig nie, sodat hy hom nie met n kluitjie in die riet laat stuur nie.
Op n dag toe Kugler ekstra versigtig wou wees, het hy tien minute voor halfeen sy jas aangetrek en na die apteek* op die hoek gegaan. Nie vyf minute later nie was hy weer terug en het hy soos n dief die trap na ons toe opgesluip. Om kwart oor een wou hy weggaan toe hy Bep op die oorloop tekom en sy hom waarsku dat Van Maaren op kantoor sit. Kugler het n regsomkeer gemaak en tot halftwee by ons gebly. Toe is hy met sy skoene in sy hand en op sy kouse (ondanks sy verkoue) na
Die Nederlandse drogisterij is n apteek soos ons dit ken; daar word se-kere soorte medisyne verkoop n skoonheidsmiddels. Met n doktersvoor-skrif gaan n mens na n apotheek wat slegs pille en medisyne verkoop. 
die voorsolder en voetjie vir voetjie met die ander trap af. Dit het n volle kwartier geduur om op di trap elke kraak te vermy en toe is hy vanaf die straatkant die kantoor in.
Intussen het Bep, van Van Maaren bevry, meneer Kugler by ons kom haal, maar hy was al lankal weg en op sy kouse die trap aan die afdaal. Wat sou die mense op straat gedink het toe die direkteur sy skoene weer buite aantrek? Ha-ha, die direk-teur op sokkies!
Anne
Woensdag, 29 September 1943
