Liewe Kittie
Elke keer dat ek aan jou skryf, het daar weer iets besonders ge-beur, maar meesal is dit eerder onaangename as aangename dinge. Nou is daar egter iets goeds aan die gang.
Woensdagaand 8 September het ons om seweuur by die radio gesit en die eerste nuusberig wat ons gehoor het, was: Here follows the best news of the whole war: Italy has capitu-
lated. Itali het onvoorwaardelik oorgegee! Om kwart oor agt het die Oranje-sender begin: Luisteraars, n uur en n kwart gelede, net toe ek klaar was met die rapport van die dag, het die heerlike berig van die kapitulasie van Itali hier aangekom. Ek kan u die versekering gee dat ek nog nooit my papiere met soveel genoe in die snippermandjie gedeponeer het soos van-dag nie!
God save the King, die Amerikaanse volkslied en die Rus-siese Internasionale is gespeel. Soos altyd was die Oranje-sen-der hartversterkend en tog nie te optimisties nie.
Die Engelse het in Napels geland. Noord-Itali is deur die Duitsers beset. Op Vrydag 3 September is die wapenstilstand al geteken, juis die dag toe die Engelse landing in Itali plaasgevind het. Die Duitsers vloek en tier in alle koerante op Badoglio en die Italiaanse keiser.*
Tog het ons ook te doen met nare dinge. Dit gaan oor me-neer Kleiman. Jy weet ons hou almal baie van hom en alhoe-wel hy altyd siek is, baie pyn het en nie veel mag eet en loop nie, is hy tog altyd opgewek en bewonderenswaardig moedig. As meneer Kleiman binnekom, kom die son op, het Moeder so pas ges en sy is heeltemal reg. Nou moet hy vir n baie onaangename dermoperasie hospitaal toe en sal vir minstens vier weke daar moet bly. Jy moes gesien het hoe hy van ons af-skeid geneem het; so gewoon asof hy moes weggaan om iets te gaan koop.
Anne
Donderdag, 16 September 1943
