Liewe Kittie
Hier kom alles weer n bietjie op stryk. Ons koeponmanne is gelukkig vrygelaat uit die gevangenis!
Miep is sedert gister weer hier. Vandag is haar eggenoot kooi toe. Koue rillings en koors  die bekende griepsimptome. Bep is beter, alhoewel die gehoes aanhou. Kleiman sal nog lank tuis moet bly.
Gister het n vliegtuig hier neergestort. Die insittendes het betyds met valskerms uitgespring. Die vliegtuig het op n skool geval waarin daar geen kinders was nie. Die gevolg was n klein brand en n paar sterfgevalle. Die Duitsers het verskriklik op die dalende vlieniers geskiet en die toekykende Amsterdam-
mers het omtrent van woede gesis oor so n lafhartige daad. Ons, dit beteken die dames, het ons oor n mik geskrik. Brrr, ek vind n geskiet verskriklik.
Nou oor myself.
Toe ek gister na Peter toe is, het ons, ek weet regtig nie meer hoe nie, op seksuele terrein gekom. Ek het my al lankal voorgeneem om hom n paar dinge te vra. Hy weet alles; toe ek hom vertel het dat Margot en ek glad nie goed ingelig is nie, was hy stomverbaas. Ek het hom baie vertel oor my en Margot en Moeder en Vader en dat ek die laaste tyd niks meer durf vra nie. Hy het toe aangebied om my in te lig en ek het dankbaar daarvan gebruik gemaak: Hy het my vertel hoe voorbehoed-middels werk en ek het heel dapper gevra hoe seuns agterkom dat hulle volwasse is. Daaroor moes hy nadink; hy sou my die aand vertel. Ek het hom Jacque se verhaal vertel en dat meisies weerloos is teenoor sterk seuns. Nou ja, vir my hoef jy nie bang te wees nie, het hy ges.
Die aand toe ek na hom terug is, het hy my toe van seuns vertel. Dit was n bietjie ongemaklik, maar tog goed om n keer met hom daaroor te praat. Ek en hy kon ons nie een voorstel dat ons f met n meisie f met n seun so openlik oor die in-tiemste aangeleenthede sou kon praat nie. Ek dink dat ek nou alles weet. Hy het my baie vertel oor Prsentivmiddelen. Duits.*
Die aand in die badkamer het Margot en ek gepraat oor Bram en Trees.
Vanoggend was iets erg naars my te wagte: Na die ontbyt het Peter vir my gewink om saam met hom boontoe te gaan. Jy het my lelik om die bos gelei, het hy ges. Ek het gehoor
Volgens die Kritiese Edisie gaan di vreemde woord terug op twee Duitse woorde vir voorbehoedmiddels: Prservativ en Prventivmittel. Anne se Duits laat haar hier in die steek. Duits was vir haar  en waarskynlik ook vir Peter  op hierdie tydstip kennelik al in ho mate n vreemde taal. Om oor intieme dinge in n vreemde taal te praat, is kamoeflerend en dus ook selfbeskermend. 
wat jy en Margot gisteraand in die badkamer bespreek het; ek dink jy wou eers weet wat Peter daarvan weet om jou dan daarmee te vermaak!
O, ek was stomgeslaan en het dit met alle metodes tot my beskikking uit sy kop probeer praat. Ek kan so goed begryp hoe beswaard sy gemoed was oor iets wat glad nie waar is nie!
O nee, Peter, het ek ges, so gemeen sal ek nie wees nie. Ek het ges dat ek my mond sal hou en dit sal ek ook doen. Om so te veins en dan so iets gemeens te doen, dit is onreg-verdig. Ek het niks vertel nie, regtig nie, glo jy my?
Hy het my verseker dat hy my glo, maar ek moet nog weer met hom daaroor praat, want die hele dag doen ek niks anders as om hieroor te tob nie. Gelukkig het hy reguit ges wat hy gedink het. Stel jou voor dat hy met so iets gemeens van my in hom sou rondgeloop het. Die liewe Peter!
Nou sal en moet ek hom alles vertel! Anne
Vrydag, 24 Maart 1944
