Liewe Kittie
Wenn die Uhr halb neune schlgt 
Margot en Moeder is senuweeagtig. Sjuut  Vader, stil, Otto, sjuut  Pim! Dit is halfnege. Kom nou hier, jy kan nie meer die water laat loop nie. Loop saggies! So word daar na Vader in die badkamer geroep. Klokslag halfnege moet hy in die kamer wees. Geen druppel water, geen toilet, nie loop nie, alles stil. Wanneer die kantoorpersoneel nog nie daar is nie, is alles nog hoorbaarder in die pakkamer.
Bo gaan die deur om twintig oor agt oop en kort daarna volg drie tikkies op die grond  Anne se pap. Ek klouter die trap op en kry my honde-etetjie. Wanneer ek onder kom, gaan alles gou: hare doen, klaterblikkie weg, bed op sy plek. Stil!
* Pfeffer het via Miep Gies n intensiewe korrespondensie met Charlotte Ka-letta gevoer.
 Wanneer die klok halfnege slaan  Hierdie inskrywing is ook in Anne se Verhaaltjesboek n selfstandige teks. Ek volg Otto Frank wat dit in die eerste edisie van Het Achterhuis (1947) as n dagboekinskrywing opgeneem het.
Die blikkie wat Anne as kamerpot gebruik het; vgl die inskrywing van 4 Augustus 1943. 
Die horlosie slaan! Mevrou verwissel van skoene en slof op badsloffies deur die kamer, meneer Charlie Chaplin ook op slowwe, alles rustig.
Nou is die ideale gesinstafereel op sy hoogtepunt. Ek wil lees of leer, Margot ook, Vader en Moeder eweneens. Vader sit (natuurlik met Dickens en die woordeboek) op die rand van n uitgesakte, piepende bed waarop nie eens n behoorlike matras l nie. Twee kussings op mekaar kan van hulp wees. Dit wil ek nie h nie; daarsonder kom ek ook reg! Eenmaal aan die lees, kyk hy nie op of om nie, lag af en toe, doen vreeslik baie moeite om aan Moeder n verhaaltjie uit sy boek op te dring.
Ek het nie nou tyd nie!
Hy lyk n bietjie teleurgesteld, lees dan weer verder, en n bietjie later as daar opnuut iets besonders is, probeer hy weer: Dit moet jy lees, Moeder!
Moeder sit op die opklapbed, lees, doen naaldwerk, brei of leer, net wat aan die beurt is. Meteens val iets haar by. Gou-gou iets s: Anne, onthou jy nog  Margot, skryf gou op 
Na n rukkie keer die rus weer terug. Met n klap slaan Mar-got haar boek toe, Vader frons sy wenkbroue tot n snaakse bogie, sy leesrimpeltjie plooi opnuut sy voorkop en hy is weer verdiep in sy boek, Moeder begin om met Margot te babbel, ek word nuuskierig en luister ook. Pim word daarby betrek 
Negeuur! Ontbyt!
Anne
Vrydag, 10 September 1943
