Liewe Kittie
Halfses: Bep se koms kondig vir ons die vryheid van die aand aan. Daar kom dadelik beweging in die bedryf. Ek gaan meesal
* Mammatjie.
Hierdie brief aan Kittie is ook onder die titel De vryheid in het Achterhuis as selfstandige teks opgeneem in Anne se Verhaaltjesboek. Dit sluit aan by Anne se briewe van 4, 5 en 9 Augustus oor die dagindeling in die Agter-huis. Die briefvorm word gehandhaaf, soos Otto Frank in die eerste edisie van Het Achterhuis dit doen. 
eers saam met Bep nog n keer boontoe, waar sy gewoonlik die aandnagereggie vooruit kry. Bep sit nog skaars of Mevrou begin al om haar wense op te som. Al gou hoor n mens: Ag, Bep, ek het nog n versoek  Bep knipoog vir my. Mevrou sal geen enkele keer nalaat om aan wie ook al boontoe kom haar wense bekend te maak nie. Dit is seker een van die redes dat niemand graag boontoe gaan nie.
Kwart voor ses: Bep vertrek. Ek gaan twee verdiepings laer rondkyk. Eers na die kombuis, dan na die privaat kantoor, ver-volgens na die steenkoolhok om vir Mouschi die muisdeurtjie oop te maak. Na n lang inspeksietog beland ek in Kugler se kantoor. Van Daan kyk in alle laaie en lers om die pos van die dag te soek. Peter gaan haal die pakhuissleutel en vir Moffie; Pim sleep tikmasjiene boontoe; Margot soek n rustige plekkie om haar kantoorwerk te doen; Mevrou sit n ketel water op die gasstofie; Moeder kom met n pot aartappels die trap af. Ons weet almal wat ons werk is.
Peter kom gou uit die pakhuis terug. Die eerste vraag gaan oor die brood: hy het dit vergeet. Hy maak hom voor die deur van die voorkantoor so klein as moontlik en kruip handevier-voet na die staalkas, gryp die brood en verdwyn  of hy is van plan om te verdwyn, maar voor hy mooi besef wat gebeur het, het Mouschi oor hom gespring en ver agter onder die skryf-tafel gaan sit.
Peter soek na alle kante. A, daar sien hy die kat! Weer kruip hy die kantoor binne en trek die dier aan die stert. Mouschi blaas, Peter sug. Wat het hy bereik? Mouschi sit nou by die venster en lek homself, volkome tevrede dat hy aan Peter se grypende hande ontsnap het. Nou hou Peter as laaste lokaas n stukkie brood voor die kat en ja, sowaar, Mouschi volg en die deur gaan toe.
Ek het dit alles aanskou deur n bars in die deur. Meneer Van Daan is kwaad en slaan die deur toe. Margot en ek kyk mekaar aan en dink albei dieselfde: Hy het hom seker weer op-gewen oor die een of ander stommiteit van Kugler en dink nie aan die maatskappy Keg langsaan nie.
Daar klink weer n voetstap in die gang. Dussel kom binne, gaan met n besittershouding na die venster, snuif  hoes, nies en kug. Hy tref dit nie gelukkig nie  dit was peper! Nou baan hy sy weg na die voorkantoor. Die gordyne is oop en dit bete-ken dat hy nie sy skryfpapier kan kry nie. Hy verdwyn met n knorrige gesig.
Margot en ek kyk weer na mekaar. Mre n velletjie min-der aan sy liefie,* hoor ek van haar. Ek knik instemmend. Ons hoor nog n oomblik n olifantstap op die trap: Dussel wat troos soek op die plekkie waarvan hy onafskeidelik is. Ons werk voort. Tik, tik, tik  Drie kloppe  etenstyd!
Anne
Maandag, 23 Augustus 1943
