Liewe Kittie
Dit is snikheet, almal snak en hyg, en in di hitte moet ek oral heen loop. Nou besef ek eers hoe heerlik n trem tog is, veral n oop trem, maar di genot is ons Jode nie meer beskore nie; vir ons is die trem genaamd te voet goed genoeg. Gister moes ek in die etensuur na die tandarts in Jan Luykenstraat. Dit is n lang ent van ons skool in die Stadstimmertuine af. Op skool het ek die middag toe ook byna aan die slaap geraak. Ge-lukkig bied die mense jou uit hul eie iets aan om te drink. Die suster by die tandarts is regtig n hartlike mens.
Die enigste ding waarmee ons nog kan ry, is die pont. Die veerman by die Jozef Israelskade het ons dadelik saamgeneem na die oorkant toe ons hom gevra het. Dit is werklik nie die Hollanders se skuld dat ons Jode soveel ellende het nie.
Ek wens ek hoef nie skool toe te gaan nie, my fiets is in die Paasvakansie gesteel en Moeder sn het Vader by Christen-mense in bewaring gegee. Maar gelukkig kom die vakansie met rasse skrede nader; nog n week en die swaarkry is verby. Gis-teroggend het iets lekkers met my gebeur. Ek het by die fiets-loods langs geloop, toe iemand my roep. Ek kyk om en sien n gawe seun wat ek die aand vantevore by Wilma ontmoet het, agter my staan. Hy is n kleinneef van haar en Wilma is n ken-nissie. Ek het eers gedink sy is nogal gaaf. Dit is sy ook, maar
sy praat die hele dag oor niks anders as seuns nie en dit begin n mens verveel. Die seun het n bietjie skamerig nadergestaan en hom voorgestel as Hello Silberberg. Ek was n bietjie ver-baas en het nie presies geweet wat hy wou h nie, maar dit was baie gou duidelik. Hy wou meer van my geselskap geniet en saam met my skool toe stap. As jy tog in dieselfde rigting loop as ek, gaan ek saam, en dus is ons saam verder. Hello is ses-tien en kan interessant oor allerlei dinge gesels.
Vanoggend het hy weer vir my gewag, en in die vervolg sal dit wel so bly.
Woensdag, 1 Julie 1942
