Liewe Kittie
Ek praat aan tafel meer met myself as met die ander. Dit is in twee opsigte gunstig. Ten eerste is hulle bly as ek nie sonder
ophou kekkel nie en ten tweede hoef ek my nie oor iemand anders se oordele te vererg nie. Ek vind my eie mening nie dom nie, maar ander wel, dus kan ek dit liewer vir myself hou. Ek maak net so as ek iets moet eet wat ek nie kan verdra nie. Ek hou die bord voor my, verbeel my dat dit iets heel lekkers is, kyk so min as moontlik daarna en voordat ek weet, is dit op. Soggens as ek opstaan, wat ook iets onaangenaams is, spring ek uit die bed, dink by myself: Jy kan dadelik weer lekker in-kruip, loop na die venster, ontduister, snuif deur die kier tot-dat ek n bietjie lug inasem en is wakker. Die bed word so gou as moontlik afgetrek, dan is daar geen verleiding meer nie. Weet jy wat noem Moeder so iets? n Lewenskunstenaar. Dink jy nie dit is n oulike woord nie?
Ons is sedert n week gelede almal n bietjie in die war met die tyd, omdat ons liewe en dierbare Westertoringklok blykbaar weggeneem is vir fabrieksgebruik en ons bedags en snags nie weet hoe laat dit is nie. Ek het nog wel n bietjie hoop dat hulle iets sal uitvind wat die buurt effens aan die klok sal herinner, byvoorbeeld iets van tin of koper of watter soort ding ook al.
Of ek bo, onder of waar ook al is, almal kyk bewonderend na my voete waaraan n paar seldsame mooi skoene (vir hierdie tyd in elk geval) pryk. Miep het hulle vir 27,50 gulde gekoop. Wynrooi, sude met leer, en n taamlike ho blokhak. Ek loop asof op stelte en lyk baie groter as wat ek is.
Gister het ek n ongeluksdag gehad. Het my met die agter-kant van n dik naald in my regterduim raak gesteek. Die ge-volg was dat Margot die aartappels vir my moes skil (die goeie kant van n slegte saak) en dat ek onhandig geskryf het. Toe het ek met my kop teen die kasdeur vasgeloop, het n geskel op my laat neerkom oor die lawaai wat ek veroorsaak het, kon die kraan nie laat loop om my voorkop te baai nie en loop nou met n yslike bult bo my regteroog. Tot oormaat van ramp het my regterkleintoontjie in die stofsuier se pen vasgehaak. Die ding het gebloei en gepyn, maar ek het soveel ander kwale gehad om uit te staan dat di lastigheid in die niet verdwyn het. Dom
genoeg, want nou loop ek met n ontsteekte toon en treksalf en verbandgaas en pleister en kan ek my glorieryke skoene nie aankry nie.
Dussel het ons vir die soveelste keer in lewensgevaar ge-bring. Miep het warempel n verbode boek vir hom saamge-bring, n skeldpublikasie oor Mussolini. Op pad is sy skrams deur n SS-motor raakgery. Haar senuwees het ingegee en sy het geskreeu: Ellendelinge! en verder gery. Laat ek liewer nie dink aan wat sou gebeur het as sy na die polisiekantoor moes saamgaan nie.
Anne
Woensdag, 18 Augustus 1943
