Liewe Kittie
Hierdie keer n vervolg van die Agterhuis-dagindeling. Na die middagetetjie is die hoofmaaltyd aan die beurt.
Meneer Van Daan is eerste in die ry. Hy word die eerste bedien, neem behoorlik van alles as dit vir hom lekker is. Gesels mees-al saam, gee altyd sy opinie duidelik te kenne en as dit eers die geval is, kan nie daaraan getorring word nie, want as iemand dit durf waag, loop dinge verkeerd. Ag  hy kan soos n kat vir jou blaas  ek wil dit liewer nie h nie, hoor  As jy dit een maal meegemaak het, dan liefs nie n tweede keer nie. Hy het die beste mening, hy weet die meeste van alles af. Nou goed, hy het n slim kop, maar selfingenomenheid het by die heer n ho graad bereik.
Madame: Eintlik moet ek liewer swyg. Op sommige dae, ver-al as daar n slegte bui aan die kom is, kan n mens haar nie in die gesig kyk nie. Op die keper beskou, is sy skuldig aan al die argumente. Nie die onderwerp nie! O nee, almal weerhou hulle liefs daarvan om oor haar te praat, maar n mens sou haar miskien die aanhitser kan noem. Opstokery, dit is n plesierige taak. Opstokery teen mevrou Frank en Anne. Teen Margot en Meneer gaan dit nie so maklik nie. Maar nou aan tafel. Mevrou kom niks kort nie, al dink sy dit soms. Die kleinste aartappel-tjies, die lekkerste happies, die sappigste van alles uitsoek, is Mevrou se leuse. Die ander sal wel hulle beurt kry as ek eers die beste het. (Presies wat sy van Anne Frank dink.) Ten twee-de: Praat as daar maar iemand is wat luister, of dit die luiste-raar interesseer of nie, dit maak skynbaar nie saak nie. Sy dink seker wat mevrou Van Daan s, interesseer almal.
Koketterig glimlag, maak of n mens van alles iets af weet, almal n bietjie raad gee en bemoeder; dit moet tog n goeie indruk skep. Maar kyk jy langer, het die goeie lankal vervaag. Een, sy is vlytig; twee, sy is vrolik; drie, sy is koketterig en soms het sy n oulike gevreetjie. Dit is Petronella van Daan.
Die derde tafelgenoot: n Mens hoor nie veel van hom nie. Die jonge heer Van Daan is meesal stil en laat nie veel van hom merk nie. Wat eetlus betref: n Danadevat*. Dit word nooit vol nie en by die allerstewigste maaltyd beweer hy met n dood-kalm gesig dat hy nog dubbel soveel sou kon eet.
No. 4 is Margot: Eet soos n muisie en praat glad nie. Die enig-ste wat in haar mond ingaan is groente en vrugte. Bederf  is Van Daan se oordeel. Te min lug en sport is ons oordeel.
Daarnaas Mamma: Stewige eetlus, baie praatlustig. Niemand het die indruk, soos by mevrou Van Daan, dit is n huisvrou nie. Waarin l die verskil? Wel, Mevrou kook en Moeder was op en politoer.
In die Griekse mitologie moes die Danade, nege-en-veertig van die vyftig dogters van Argos wat in hul bruilofsnag hul mans doodgesteek het, as straf vir ewig n bodemlose vat met water vul. 
No. 6 en 7: Oor Vader en my sal ek maar nie veel s nie. Eers-genoemde is die mees beskeie van al die tafelgenote. Hy kyk altyd eers of die ander ook kos het. Hy het niks nodig nie; die beste is vir die kinders. Daar sit die voorbeeld van die goeie en langs hom die senuweebol van die Agterhuis.
Dussel: Neem, kyk nie, eet, praat nie. En as n mens moet praat, dan in hemelsnaam maar oor die ete, daaroor kom geen rusie nie, net grootpratery. Enorme porsies gaan by sy mond in en vir niks word ooit nee ges nie, nie vir die goeie en ook nie vir die slegte nie. Die broek sit tot aan die bors, die rooi baad-jie aan, swart lakleerpantoffels en n horingbril. So kan n mens hom sien aan die tafeltjie, ewig werkend sonder om ooit verder te kom, slegs afgewissel deur die middagdutjie, ete en  die gewildste plekkie  die toilet. Drie, vier, vyf keer per dag staan daar iemand ongeduldig voor die toiletdeur en knyp, spring van een been na die ander en kan dit byna nie uithou nie. Steur hy hom daaraan? Net mooi niks nie: van kwart oor sewe tot halfagt, van halfeen tot eenuur, van tweeuur tot kwart oor twee, van vieruur tot kwart oor vier, van sesuur tot kwart oor ses en van halftwaalf tot twaalfuur. n Mens kan dit noteer; dit is die vaste sittingstye. Daarvan word nie afgewyk nie en hy steur hom nie aan die smekende stem buite die deur wat waar-sku oor n naderende onheil nie.
No. 9 is geen Agterhuis-familielid nie, maar wel n huis- en tafelgenoot. Bep het n gesonde eetlus. Laat niks staan nie, is nie kieskeurig nie. Met alles kan n mens haar plesier gee en dit gee juis vir ons plesier. Vrolik en goedgehumeurd, gewillig en goedig, dit is haar kenmerke.
Anne
Dinsdag, 10 Augustus 1943
