Liewe Kittie
Dt het ek gisteraand van Margot ontvang:
Na jou briefie van gister het ek die onaangename gevoel dat jy gewetenskwellinge het as jy by Peter gaan werk of gesels; daar is tog regtig geen rede voor nie. In my binneste is iemand wat reg het op vertroue van my kant af en ek sou Peter nog nie in sy plek kan duld nie.
Dit is egter so soos wat jy skryf dat ek die gevoel het dat Peter n soort broer is, maar  n jonger broer, en dat ons ge-voelens voelhorings na mekaar toe uitsteek om mekaar miskien later, of miskien ook nooit, in n geneentheid van broer en suster te raak. So ver is dit egter nog lank nie. Jy hoef dus regtig nie medelye met my te h nie. Geniet maar soveel as wat jy kan van die geselskap wat jy nou gevind het.
Dit word hier intussen al hoe mooier. Weet jy, Kittie, ek dink dat ons hier in die Agterhuis miskien nog n ware groot liefde gaan kry. Al die grappies van trou met Peter as ons nog lank hier bly, was dus nie so verspot nie. Ek dink nie aan trou met hom nie, hoor, ek weet nie hoe hy eendag sal wees as hy vol-
wasse is nie, ek weet ook nie of ons so baie van mekaar sal hou dat ons sal wil trou nie.
Intussen is ek seker dat Peter van my hou; op watter manier van hou, weet ek nie. Of hy net n goeie maat wil h of dat ek hom as meisie aantrek of as suster, kon ek nog nie agterkom nie. Toe hy ges het dat ek hom altyd help met die rusies van sy ouers, was ek intens bly en al n stap nader aan die geloof in sy vriendskap. Gister het ek hom gevra wat hy sou doen as hier n dosyn Annes was wat altyd na hom toe sou kom. Sy ant-woord was: As hulle almal soos jy is, sal dit nie te erg wees nie. Ek glo dat hy regtig bly is om my te sien, want hy ont-vang my altyd gasvry. Hy leer op die oomblik ywerig Frans, selfs saans in die bed tot kwart oor tien.
O, as ek nog aan Saterdagaand dink, ons woorde, ons stem-me, dan is ek vir die eerste keer tevrede met myself; ek bedoel dat ek nou dieselfde sou s en nie alles anders nie, wat meesal die geval is. Hy is so mooi, sowel wanneer hy lag as wanneer hy stil voor hom uitkyk; hy is so dierbaar en goed en mooi. Ek dink sy ontdekking dat ek glad nie die oppervlakkige Anne van die wreld is nie, maar net so n dromerige eksemplaar met net soveel moeilikhede as hyself, het hom oorrompel!
Gisteraand na die opwas het ek absoluut daarop gewag dat hy my sou vra om bo te bly. Maar niks het gebeur nie; ek het weggegaan en hy het ondertoe gekom om Dussel te roep om radio te kom luister en lank in die badkamer gedraal, maar toe Dussel te lank gevat het, is hy boontoe. Hy het in sy kamer op en af geloop en is baie vroeg bed toe.
Ek was die hele aand so onrustig dat ek steeds weer bad-kamer toe is, my gesig met koue water afgespoel het, n bietjie gelees en dan weer gedroom het, op die horlosie gekyk en ge-wag, gewag, gewag en na hom geluister het. Ek was self vroeg in die bed, totaal uitgeput.
Ek moet vanaand bad, en mre? Dit is nog so lank tot dan!
Anne M. Frank
My antwoord: Liewe Margot
Ek dink die beste is as ons nou maar wag om te sien wat daar-van kom. Dit kan nie meer lank duur voordat die beslissing sal val oor wat moet word van wat tussen my en Peter is nie; of dit weer gewoon sal word of anders. Ek weet self nie en dink wat dit betref nie verder as wat my neus lank is nie.
Maar n ding is seker, as ek en Peter vriendskap sluit, sal ek hom vertel dat jy ook van hom hou en vir hom beskikbaar is as dit nodig is. Jy sal dit seker nie wil h nie, maar dit kan my nou niks skeel nie; wat Peter van jou dink, weet ek nie, maar ek sal dit dan ook aan hom vra. Iets slegs is dit seker nie, inteendeel! Kom gerus na die solder toe of waar ons ook al is; jy pla ons werklik nie, omdat ek glo dat ons albei stilswyend afgespreek het om slegs saans in die donker oor persoonlike dinge te praat.
Hou moed! Ek doen dit ook, al is dit nie altyd maklik nie. Jou tyd kom miskien gouer as wat jy dink.
Anne
Donderdag, 23 Maart 1944
