Liewe Kittie
Mevrou Van Daan, Dussel en ek was besig om op te was en iets wat byna nooit gebeur nie en hulle sou opval, was dat ek buitegewoon stil was. Om vrae te voorkom, het ek dus gou na n taamlik neutrale onderwerp gesoek en gedink dat die boek Henri van de overkant wel aan die eis sou voldoen. Maar ek het my misreken; as ek nie deur mevrou Van Daan oor die vingers getik word nie, dan doen meneer Dussel dit. Dit kom hierop neer: Meneer Dussel het di boek as iets besonders by ons aan-beveel. Margot en ek het dit nogtans allesbehalwe uitstekend gevind. Die seuntjie is wel goed uitgebeeld, maar die res  laat ek liewer daaroor swyg. Iets dergeliks het ek tydens die op-was ter sprake gebring en n storm bo my kop laat losbars:
Hoe kan jy die psige van n man begryp! n Kind is nie so moeilik om te verstaan nie(!). Jy is veels te jonk vir so n boek. n Man van twintig sal nie eens heeltemal bevatlik wees daar-voor nie. (Waarom het hy di boek spesifiek by my en Mar-got so aanbeveel?)
Nou het Dussel en Mevrou saam voortgegaan: Jy weet veels te veel van dinge af wat nie vir jou geskik is nie. Jy is totaal verkeerd opgevoed. Later, wanneer jy ouer is, het jy in niks meer plesier nie, dan sal jy s: Dit het ek al twintig jaar gelede in boeke gelees. Jy moet maar gou maak as jy nog n
man wil kry of verlief wil raak. Alles gaan jou sonder twyfel te-leurstel. Teoreties is jy volleerd, net die praktyk kom nog kort! Wie sou hom my situasie nie kon voorstel nie? Ek was self verwonderd dat ek kalm kon antwoord: U dink miskien dat ek nie goed opgevoed is nie, maar nie almal sal daaroor met u
saamstem nie!
Dit is seker goeie opvoeding om my altyd so teen my ouers op te steek, want dit is wat hulle dikwels doen, en om n meisie van my leeftyd niks oor die dinge te vertel nie, is uitstekend. Die resultate van n dergelike opvoeding is maar alte duidelik bewys.
Ek kon die twee wat my daar staan en belaglik maak het op daardie oomblik in die gesig slaan. Ek was buite myself van woede en sou die dae kon begin aftel (as ek geweet het waar om op te hou) wanneer ek van di mense ontslae sal wees.
Mevrou Van Daan is n mooi een! Sy moet vir n mens as voorbeeld dien  maar dan van die slegte! Mevrou Van Daan staan bekend as erg onbeskeie, egosties, slu, berekend en met niks tevrede nie. Ydelheid en koketterie kom ook nog daarby. Sy is, daar is nie aan te torring nie, beslis n nare persoontjie. Oor Madame Van Daan sou ek boekdele kon vul, en dalk kom ek nog eendag so ver om dit te doen. Enigeen kan die buite-kant met n mooi vernissie bestryk. Mevrou is vriendelik teen-oor vreemdes en veral teenoor mans en daarom vergis n mens jou as jy haar pas leer ken het.
Moeder dink sy is te dom om n woord op te mors, Margot dink sy is te onbelangrik, Pim dink sy is te lelik (letterlik en fi-guurlik) en ek het na n lang reis, want ek is nooit van die be-gin af bevooroordeeld nie, tot die slotsom gekom dat sy al drie en nog baie meer is. Sy het soveel slegte hoedanighede, waar-om sal ek dan met n daarvan begin?
Anne
Ns. Sal die leser in ag neem dat toe die verhaal geskryf is, die skryfster se woede nog nie afgekoel het nie!
Dinsdag, 3 Augustus 1943
