Liewe Kittie
Gister was n baie rumoerige dag en ons is nog steeds opge-wonde. Jy kan ons eintlik vra watter dag sonder opwinding verbygaan. Die oggend tydens ontbyt het ons die eerste waar-skuwingsalarm gekry, maar dit het nie vir ons n bombarde-ment beteken nie; wel dat daar vlieniers aan die kus is. Na ontbyt het ek n rukkie gaan l, want ek het kwaai hoofpyn ge-had en toe is ek na die kantoor toe. Dit was ongeveer tweeuur. Om halfdrie was Margot met haar kantoorwerk klaar; sy het haar goedjies skaars opgepak toe die sirenes begin loei het, dus is ek weer saam met haar boontoe. Dit was net betyds, want ons was nog nie vyf minute bo nie of hulle het hard begin skiet sodat ons in die gang bly staan het. En ja, daar dreun die huis en val die bomme. Ek het my vlugsak teen my vasgedruk, meer om iets te h om aan vas te hou as om te vlug, want ons kan tog nie weg nie, omdat in die uiterste geval die straat ewe veel lewensgevaar as n bombardement beteken. Na n halfuur het die gevlieg minder geword, maar in die huis het die bedrywig-heid toegeneem. Peter het van sy uitkykpos op die voorsolder
af gekom. Dussel was in die voorste kantoor, Mevrou het haar in die privaat kantoor veilig gevoel, meneer Van Daan het van-af die solder toegekyk en ons in die portaaltjie het van mekaar af weggestaan om die rooksuile bokant die IJ* te sien opstyg. Weldra het dit oral na brand geruik en het dit gelyk of n dik mis buite gehang het. Hoewel so n groot brand nie n mooi gesig is nie, was dit vir ons gelukkig agter die rug en het ons ons weer in ons verskillende bedrywighede verdiep. Di aand met etenstyd: lugalarm. Ons het lekker kos gehad, maar my eetlus het net van die geluid reeds verdwyn. Daar het egter niks gebeur nie en n driekwartier later was alles veilig. Die skottel-goed het opgewas gestaan: toe lugalarm, geskiet, vreeslik baie vlieniers. O, hemeltjie, twee keer per dag; dit is regtig erg, het ons almal gedink, maar dit het niks gehelp nie; weer het die bomme neergeren, di keer  volgens die Engelse op Schiphol  van die ander kant af. Die vlieniers het geduik, ge-styg, n gesuis in die lug  baie grieselrig. Elke oomblik het ek gedink: Nou val hy en daar gaan jy.
Ek kan jou verseker dat toe ek om negeuur bed toe gegaan het, ek my bene nog nie stil kon hou nie. Klokslag twaalfuur het ek wakker geword: vlieniers! Dussel was besig om uit te trek; ek het my nie daaraan gesteur nie, maar by die eerste skoot helder wakker uit die bed gespring. Tot eenuur by Vader in die bed, halftwee in my bed, tweeuur weer by Vader en het hulle nog altyddeur gevlieg. Toe is daar geen skoot meer ge-vuur nie en kon ek na my huis teruggaan. Om halfdrie het ek aan die slaap geraak. Seweuur. Met n skok het ek regop in my bed gesit. Van Daan was by Vader. Inbrekers, was my eer-ste gedagte. Alles, hoor ek Van Daan s en ek het gedink dat alles gesteel was. Maar nee, di keer was dit n heerlike berig, so goed as wat ons in maande, miskien in al die oorlogsjare, nie gehoor het nie. Mussolini het sy amp neergel en die ko-ning van Itali het die regering oorgeneem.
* Die IJ is die Amsterdamse hawegebied.
Ons het gejuig. Na al die vreeslikhede van gister eindelik weer iets goeds  en hoop! Hoop op die einde, hoop op vrede.
Kugler het ingeloer en vertel dat die Fokker-vliegtuigfabriek erg verniel is. Intussen het ons vanoggend weer n lugalarm ge-had met vliegtuie wat oorvlieg en nog eens n waarskuwings-alarm. Ek stik omtrent in al die alarms, is nie uitgeslaap nie en het nie lus om te werk nie, maar nou hou die spanning oor Itali ons wakker en die hoop op die einde van die jaar 
Anne
Donderdag, 29 Julie 1943
