Liewe Kittie
Omdat jy nog nooit n oorlog meegemaak het nie, Kittie, en jy ondanks al my briewe tog nog min van onderduik af weet, sal ek jou vir die aardigheid vertel wat die wense van ons agt is as ons weer buite kom. Margot en meneer Van Daan wil die graagste n warm bad neem, vol tot bo, en wil langer as n half-
Die Definitiewe Edisie is met die Kritiese Edisie vergelyk en twee inskry-wings is onder die datum 23 Julie gemaak, terwyl Otto Frank en Mirjam Pressler dit kombineer. 
uur daarin bly. Mevrou Van Daan wil dadelik tertjies gaan eet. Dussel wil niks anders h as sy Charlotte nie en Moeder niks anders as haar koppie koffie nie. Vader wil na meneer Voskuijl toe gaan, Peter na die stad en die bioskoop, en ek sou van ge-luksaligheid nie weet waar om te begin nie.
Ek verlang die meeste na n eie woning, vrye beweging en eindelik weer hulp by die werk, dus skool toe!
Bep het aangebied om vir ons vrugte te kry. Dit kos n kleinigheidjie! Druiwe 5 gulde per kilogram, appelliefies 70 sent per pond, een perske 50 sent, n spanspek van een kilo-gram 1 gulde 50. En dan staan daar elke aand in groot, vet let-ters in die koerant: Prysverhoging is woekerwins!
Anne
Maandag, 26 Julie 1943
