Liewe Kittie
Sondag is Amsterdam-Noord swaar gebombardeer. Die ver-woesting moet ontsettend wees: Hele strate l in puin en dit sal nog lank duur voordat al die mense opgegrawe is. Tot nou
toe is daar tweehonderd dooies en ontelbare beseerdes; die hospitale is propvol. Jy hoor van kinders wat verlore in die smeulende runes na hul dooie ouers soek. Ek kry nog rillings as ek aan die dowwe, dreunende gerommel in die verte dink wat vir ons die teken van die naderende verwoesting was.
Anne
Vrydag, 23 Julie 1943
Bep kan op die oomblik weer enkele notaboeke kry, veral joer-nale en grootboeke, bruikbaar vir my boekhoudende suster! Ander notaboeke is wel te koop, maar jy moenie vra van wat-ter aard en vir hoe lank nog nie. Notaboeke is deesdae verkryg-baar onder die opskrif Sonder koepon verkrygbaar! Soos alles wat koeponloos te koop is, is dit ook niks werd nie. So n oefeningboek bestaan uit twaalf blaadjies grou, skewe en smal gelinieerde papier. Margot is besig om na te dink of sy n kursus in skoonskrif wil volg; ek is besig om haar sterk aan te moedig. Moeder wil onder geen omstandighede h dat ek dit saam met haar doen nie, as gevolg van my o, maar ek dink dis nonsens. Of ek dit doen of nie, dit bly tog presies dieselfde.
Vrydag, 23 Julie 1943*
