Liewe Kittie
Al weer n inbraak, maar nou n regte een! Vanoggend het Peter soos gewoonlik om seweuur na die pakhuis gegaan en dadelik gesien dat sowel die pakhuis- as die straatdeur oop-
staan. Hy het dit onmiddellik aan Pim gemeld, wat in die pri-vaat kantoor die radio op Duitsland gestel en gesorg het dat die deur op slot is. Saam is hulle toe boontoe. Die gewone be-vel in dergelike gevalle  nie was nie, stil wees, om agtuur kant en klaar sit en nie na die toilet gaan nie  is soos gewoon-lik stip nagekom. Ons was al agt bly dat ons die nag so goed geslaap het en niks gehoor het nie. Ons was wel n bietjie ver-ontwaardig toe niemand sy of haar gesig die hele oggend bo gewys het nie en meneer Kleiman ons tot halftwaalf op naalde en spelde laat sit het. Hy het vertel dat die inbrekers die buite-deur met n koevoet ingestamp en die pakhuisdeur oopge-forseer het. Daar is egter nie veel in die pakhuis te steel nie, dus het die diewe hulle geluk maar n verdieping hor beproef. Hulle het twee geldkissies met veertig gulde, blanko tjek- en bankboekies gesteel, en dan die ergste: ons hele suikertoewy-sing in koepons van honderd en vyftig kilogram in totaal. Dit sal nie maklik wees om nuwe koepons in die hande te kry nie.
Meneer Kugler dink dat hierdie inbreker tot dieselfde bende behoort as di een wat ses weke gelede hier was en toe by al drie deure (die pakhuisdeur en twee huisdeure) probeer binne-kom het, maar nie daarin geslaag het nie.
Die voorval het weer opskudding in ons gebou veroorsaak, maar daarsonder kan die Agterhuis skynbaar nie bestaan nie. Ons was natuurlik bly dat die tikmasjiene en die geldlaai veilig in ons klerekas was.
Anne
Ns. Landing op Sicili. Weer n treetjie nader  !
Maandag, 19 Julie 1943
