Liewe Kittie
Om vir die soveelste keer op die opvoedingstema terug te kom: Ek kan jou s dat ek self baie moeite doen om hulpvaar-dig, vriendelik en lief te wees en alles so te doen dat die aan-merkingsren n motrentjie word. Dit is deksels moeilik om so voorbeeldig op te tree teenoor mense wat jy nie kan uitstaan nie, terwyl jy niks daarvan bedoel nie. Maar ek sien werklik dat ek verder kom as ek n bietjie huigel in plaas van om te hou by my ou gewoonte en my mening reguit aan almal mee te deel (hoewel niemand ooit om my mening vra of waarde daaraan heg nie). Natuurlik kan ek die rol nie altyd volhou nie en kan ek my woede ten aansien van onregverdighede nie opkrop nie, sodat daar weer vier weke lank oor die parmantigste meisie in die wreld geklets word. Dink jy nie ek is soms iemand om te bejammer nie? Dis maar goed dat ek nie n brompot is nie, want dan sal ek versuur en nie my positiewe gemoedstemming kan behou nie. Meesal beskou ek die opstootjies van die humo-ristiese kant af, maar ek verkies dat iemand anders eerder op sy baadjie kry as dat ekself die slagoffer daarvan is.
Verder het ek besluit (dit het lank nadink gekos) om snel-skrif n bietjie links te laat l. Ten eerste om nog meer tyd aan my ander vakke te kan bestee en ten tweede ter wille van my o, want dit is n ellendige misre. Ek het baie bysiende ge-word en moes al lankal n bril gehad het. (Oei, hoe uilagtig sal ek nie lyk nie!) Maar ja, jy weet, onderduikers 
Gister het die hele huis oor niks anders as Anne se o ge-praat nie, omdat Moeder die moontlikheid geopper het om my saam met mevrou Kleiman na die oogarts te stuur. By hierdie mededeling het ek vir n oomblik op my bene gewankel, want dit is tog geen kleinigheid nie. Op straat! Stel jou voor, op straat! Mens kan jou dit nie indink nie. Eers was ek doods-benoud en later bly. Maar so eenvoudig was dit nie, want nie alle instansies wat oor so n stap moet beslis, was dit so gou met mekaar eens nie. Alle moeilikhede en risikos moes eers op die weegskaal gel word, alhoewel Miep dadelik met my wou vertrek. Ek het onmiddellik my grys jas uit die kas gehaal, maar dit was so klein dat dit na di van my klein sussie gelyk het. Die soom is uit en dit kan nie meer toegeknoop word nie. Ek is werklik nuuskierig wat daarvan gaan kom, maar ek dink nie dat die plan sal deurgaan nie, want die Engelse het op Sicili geland en Vader is weer ingestel op n spoedige einde.
Bep gee vir my en Margot baie kantoorwerk; ons albei be-skou die take as baie belangrik en dit help haar baie. Enigeen kan korrespondensie wegpak en boekhou van verkope, maar ons doen dit besonder nougeset.
Miep is n regte pakeseltjie; sy dra swaar. Byna elke dag raap sy groente bymekaar en bring alles in groot inkoopsakke op die fiets saam. Dis ook sy wat elke Saterdag vyf biblioteekboeke saambring. Ons sien altyd reikhalsend uit na Saterdae, omdat die boeke dan kom. Net soos klein kindertjies wat n presentjie kry. Gewone mense weet nie wat boeke vir hulle wat opge-sluit is, beteken nie. Lees, leer en die radio is ons enigste aflei-dings.
Anne
Dinsdag, 13 Julie 1943
Die beste tafeltjie*
Gistermiddag het ek met Vader se verlof aan Dussel gevra of hy my asseblief sal toelaat (tog baie beleef) om twee keer per week smiddae van vier tot halfses van ons tafeltjie gebruik te maak. Van halfdrie tot vieruur sit ek elke dag daar terwyl Dussel slaap en verder is die kamer en die tafeltjie verbode ter-rein. Binne, in ons algemene kamer, is daar smiddae veels te veel gewoel om te werk en Vader sit trouens ook graag aan die skryftafel en werk. Daar was dus n grondige rede vir my sui-wer beleefde versoek. Wat dink jy nou het die hooggeleerde Dussel geantwoord? Nee. Botweg en alleen maar: Nee!
Ek was verontwaardig en laat my nie sommer met n kluitjie in die riet stuur nie en het Dussel dus gevra na die rede vir sy nee. Maar ek het n beker koue water oor my gekry. Hier het jy die hele lading van sy besware: Ek moet ook werk. As ek nie smiddae kan werk nie, bly daar glad nie meer tyd vir my oor nie. Ek moet die taak wat ek vir my gestel het, afhandel, anders het ek verniet daarmee begin. Jy werk tog ook nie ern-stig nie. Mitologie, watse werk is dit nou? Brei en lees is ook geen werk nie. Ek sit en bl sit aan daardie tafeltjie!
My antwoord was: Meneer Dussel, ek werk wel ernstig. Ek kan smiddae nie binne werk nie en ek vra u vriendelik om nog n keer oor my versoek na te dink!
Met hierdie woorde het die beledigde Anne haar omgedraai en gemaak asof die hooggeleerde dokter nie bestaan het nie. Ek was siedend en het Dussel verskriklik onbeleefd gevind (wat hy ook was) en myself heel vriendelik.
Die aand toe ek die kans kry om met Pim te praat, het ek hom vertel hoe die saak afgeloop het en met hom bespreek wat ek verder moes doen, want ek wou die saak nie laat vaar nie en ek wou dit liewer alleen oplos. Pim het my min of meer vertel hoe ek dit moes aanpak, maar my vermaan om liewer tot die
Otto Frank het hierdie selfstandige teks wat Anne vir haar Verhaaltjesboek bestem het, opgeneem in sy weergawe van Het Achterhuis (die datering is van Anne). Vgl. Kritiese Edisie, 2000, pp. 410413. 
volgende dag te wag omdat ek so opgewonde was. Di laaste stukkie raad het ek in die wind geslaan en het Dussel na die aandete ingewag. Pim het in die kamer langsaan gesit en dit het my baie rustig gemaak.
Meneer Dussel, u glo blykbaar dat dit nie die moeite werd is om die saak verder saam met my in onskou te neem nie, maar ek versoek u om dit tog te doen.
Met sy liefste glimlag het Dussel toe opgemerk: Ek is altyd en te alle tye bereid om oor di intussen al afgehandelde saak te praat.
Ek het die gesprek toe voortgesit, steeds onderbreek deur Dussel: Ons het in die begin toe u hier aangekom het, afge-spreek dat hierdie kamer ons sn saam sou wees. As die inde-ling dus reg was, sou u die mre en ek die hele middag gekry het! Maar dit vra ek nie eens nie en ek dink dat twee middae per week tog wel billik is.
Hier het Dussel opgespring asof hy deur n naald gesteek is: Oor reg het jy hier heeltemal niks te s nie. En waar moet ek dan heen? Ek sal meneer Van Daan vra of hy bereid is om op die solder vir my n hokkie te bou, dan kan ek daar sit. Ek kan ook nrens n bietjie rustig werk nie. Met jou het n mens ook altyd rusie. As jou suster Margot, wat tog meer rede tot so n versoek het, daarmee na my toe sou kom, sou ek nie daaraan dink om te weier nie, maar jy 
En toe volg die verhaal oor die mitologie en die brei weer, en Anne was opnuut beledig. Ek het dit egter nie laat blyk nie en Dussel sy s laat s: Maar ja, met jou kan n mens nie praat nie! Jy is n skandelike egos; solank jy maar jou wil kan deur-dryf, moet almal padgee. So n kind het ek nog nooit gesien nie. Maar per slot van rekening sal ek tog genoodsaak wees om jou jou sin te gee, want anders hoor ek later Anne Frank het haar eksamen gedruip omdat meneer Dussel haar tafeltjie nie aan haar wou afstaan nie.
So het dit aan en aan gegaan en ten lange laaste so n vloed geword dat ek nie meer kon byhou nie. Die een oomblik het ek gedink: Ek gee hom n klap deur sy bek dat hy met sy on-waarhede teen die muur vasvlieg! En die volgende oomblik
het ek vir myself ges: Bly kalm, dit is nie die moeite werd dat jy jou so oor die vent opwen nie!
Eindelik was die heer Dussel toe uitgeraas en is met n gesig waarop sowel gramskap as triomf te lese was en met sy jas-sakke vol eetgoed die kamer uit.
Ek het my na Vader gehaas en aan hom die hele relaas oor-vertel, in soverre hy ons gesprek nie gevolg het nie. Pim het be-sluit om Dussel nog dieselfde aand daaroor te spreek. So het dit ook gebeur en hulle was vir meer as n halfuur aan die praat. Hulle het eers die kwessie bespreek of Anne aan die tafeltjie mag sit, ja of nee. Vader het ges dat hy al n keer met Dussel oor dieselfde onderwerp gepraat het en dat hy Dussel sogenaamd gelyk gegee het om die ouere nie teen die jongere in die ongelyk te stel nie, maar Vader het dit toe ook nie billik gevind nie. Dussel was van mening dat ek nie mag praat asof hy n indringer is wat op alles beslag l nie, maar dit het Vader beslis ontken, want hy het self gehoor dat ek daaroor geen woord gerep het nie. So het dit heen en weer gegaan: Vader wat my egosme en my gepeuter verdedig en Dussel wat alles met sy gebrom opvolg.
Op die ou end moes Dussel tog toegee en kry ek twee mid-dae per week die geleentheid om ongestoord te werk. Dussel het strak voor hom uitgekyk, twee dae nie met my gepraat nie en moes tog van vyfuur tot halfses by die tafeltjie sit  kinder-agtig, natuurlik.
Iemand wat al vier-en-vyftig jaar oud is en nog sulke pedan-te en kleinsielige gewoontes het, is van nature so en leer die ge-woontes ook nooit meer af nie.
Vrydag, 16 Julie 1943
