Liewe Kittie
Hier het wel n massa dinge gebeur, maar ek dink meesal dat al my oninteressante geklets jou erg verveel en dat jy bly is as jy nie soveel briewe ontvang nie. Ek sal al die berigte dan ook maar kortliks aan jou weergee.
Meneer Voskuijl is nie aan sy maag geopereer nie. Toe hulle hom op die operasietafel gehad het en sy maag oopgel het, het die dokters gesien dat hy lewensgevaarlike kanker het wat al so ver gevorder het dat daar nie meer geopereer kan word nie. Hulle het sy maag dus maar weer toegewerk, hom drie weke in die bed gehou en hom goed laat eet en toe maar huis toe laat gaan. Maar hulle het daarby n onvergeeflike stommi-teit begaan, naamlik om die arme man presies te vertel hoe dit met hom gesteld was. Hy is nie meer in staat om te werk nie, sit tuis omring deur sy agt kinders en tob oor sy nabye dood. Ek het ontsettend baie medelye met hom en vind dit baie erg dat ons nie op straat mag verskyn nie, anders sou ek hom dik-wels besoek het om sy aandag af te lei. Vir ons is dit n ramp dat die goeie Voskuijl ons nie meer oor alles wat in die pakhuis gebeur en gehoor word op die hoogte hou nie. Hy was ons grootste hulp en steunpilaar wat versigtigheid betref en ons mis hom baie.
Volgende maand is dit ons beurt om die radio in te lewer. Kleiman het tuis n onwettige babatoestelletjie wat ons ter ver-vanging van ons groot Philips kry. Dis wel jammer dat di
mooi kas afgestaan moet word, maar n huis waarin geskuil word, moet hom onder geen omstandighede die owerheid se gramskap moedswillig op die hals haal nie. Die klein radiotjie sit ons natuurlik bo neer. By onwettige Jode met onwettige geld kan nog tog n onwettige radiotjie bykom.
Alle mense probeer om n ou radio in die hande te kry om dit in plaas van hul moedhoubron in te lewer. Dit is werklik waar dat as die berigte van buite al hoe slegter word, die radio met sy wonderstem help dat ons nie moed verloor nie en elke keer weer s: Kop op, hou goeie moed, daar kom ook weer ander tye!
Anne
Sondag, 11 Julie 1943
