Liewe Kit
Ek was n toeskouer van n hewige luggeveg tussen Engelse en Duitse vlieniers. n Paar Geallieerdes moes ongelukkig uit hul-le vliegtuie spring. Ons melkboer, wat in Halfweg woon, het vier Kanadese langs die kant van die pad sien sit van wie een vloeiend Hollands gepraat het. Di een het hom gevra om sy sigaret aan te steek en vertel dat die bemanning uit ses persone bestaan het. Die loods het verbrand en hul vyfde man het rens gaan wegkruip. Die Grne Polizei het die vier blakend gesonde mense kom haal. Hoe is dit moontlik dat n mens na so n val-skermrit nog soveel teenwoordigheid van gees kan h?
Hoewel dit kennelik warm is, moet ons al om die ander dag ons kaggels opstook om groenteafval en ander vullis te ver-brand. In vuilgoedemmers kan ons niks weggooi nie, omdat ons altyd met die pakhuisman moet rekening hou. Hoe mak-lik kan n klein onversigtigheid jou nie verraai nie!
Alle studente moet n owerheidslys onderteken dat hulle hulle vereenselwig met alle Duitsers en die nuwe orde goed-gesind is. Tagtig persent het geweier om hulle gewete en oor-tuiging te verlon, maar die gevolge het nie uitgebly nie. Alle studente wat nie geteken het nie, moet na n werkkamp in Duitsland gaan. Wat bly oor van die Nederlandse jeug as almal hard in Duitsland moet gaan werk?
Weens die te harde geknal het Moeder vannag die venster toegemaak: Ek was in Pim se bed. Eensklaps spring Mevrou bo ons koppe uit die bed asof sy deur Mouschi gebyt is, direk gevolg deur n harde knal. Dit het gevoel of n brandbom langs my bed neergeval het. Ek het gegil: Lig! Lig!
Pim het die lig aangeskakel. Ek het niks anders verwag as dat die kamer binne n paar minute in ligte laaie sou staan nie. Niks het gebeur nie. Ons het ons almal boontoe gehaas om te sien wat daar aan die gang was. Meneer en Mevrou het deur die venster n ligrooi gloed gesien; Meneer het gedink dat daar brand in die buurt was en Mevrou het gedink dat ons huis vlam gevat het. Toe die knal volg, het Mevroutjie al op haar trillende bene gestaan. Dussel het bo gebly om n sigaret te rook en ons het weer in ons beddens gekruip. Daar het nog nie n volle kwartier verbygegaan nie of die geskiet het weer begin. Mevrou het dadelik orent gekom en die trap afgeloop na Dus-sel se kamer om daar die rus te vind wat haar by haar eggenoot nie beskore was nie. Dussel het haar ontvang met die woorde: Kom klim in my bed, my kind! Wat ons in n onbedaarlike lagbui laat uitbars het. Die kanonvuur het ons nie meer gepla nie; ons angs het toe al vervaag.
Anne
Sondag, 13 Junie 1943
