Liewe Kittie
As ek nou so oor my lewetjie van 1942 nadink, voel dit alles so onwerklik. Die godelewetjie het n heeltemal ander Anne Frank beleef as di een wat nou hier wys geword het. n Gode-lewetjie, dit is wat dit was. Op elke hoek vyf aanbidders, n stuk of twintig vriendinne en kennissies, die liefling van die merendeel van die onderwysers, bederf deur Vader en Moeder, baie snoepgoed, genoeg geld  wat wil jy meer h?
Jy sal my moontlik wil vra hoe ek al die mense dan so inge-palm het. Peter s deur aantreklikheid, maar dit is tog nie heeltemal waar nie. Elke onderwyser het my gevatte antwoor-de, my grappige opmerkings, my laggende gesig en my kritiese blik oulik en vermaaklik gevind. Meer as dit was ek ook nie; n vreeslike flerrie, koket en amusant. Ek het n paar goeie eien-skappe gehad wat my taamlik in hulle guns gehou het, naam-lik vlyt, eerlikheid en gulheid. Nooit sou ek iemand, wie dan ook, belet het om af te kyk nie, snoepgoed het ek met oop hande uitgedeel en ek was nie verwaand nie.
Sou ek van al die bewondering nie oormoedig geword het nie? Dit is n geluk dat ek midde-in, op die hoogtepunt van die fees, opeens voor die werklikheid te staan gekom het en dit het ruim een jaar geduur voor ek daaraan gewoond was dat daar van nrens meer bewondering gekom het nie.
Hoe is ek op skool gesien? Die aanvoerder van grappe en grappies, altyd die voorbok en nooit in n slegte bui of huilerig nie. Was dit n wonder dat almal graag saam met my skool toe en terug fietsgery het of attensies aan my bewys het?
Ek sien op di Anne Frank neer as n oulike, grappige, maar oppervlakkige meisie wat niks met my te make het nie. Wat s Peter oor my? As ek jou gesien het, was jy sonder uitsonde-ring omring deur twee of meer seuns en n trop meisies en al-tyd het jy gelag en was jy die middelpunt! Hy is reg.
Wat het daar nou van di Anne Frank oorgebly? O, ek het sekerlik my lag en my antwoorde nog nie verleer nie, ek kan mense nog net so goed of beter kritiseer, ek kan nog net so flankeer en ook nog amusant wees as ek wil 
Daar l die knoop, ek wil nog steeds vir n aandjie, n paar dae, n week so lewe, skynbaar onbesorg en vrolik. Aan die einde van di week sou ek doodmoeg wees en die eerste die beste wat oor iets behoorliks praat, diep dankbaar wees. Ek wil geen aanbidders h nie, maar vriende, geen bewonderaars om-rede van n vleiende laggie nie, maar omrede van karakter en optrede. Ek weet baie goed dat die kring om my dan veel klei-ner sal wees. Maar wat maak dit saak as ek net nog n paar mense, opregte mense, oorhou?
Ondanks alles was ek in 1942 ook nie volkome gelukkig nie; ek het dikwels verlate gevoel, maar omdat ek van vroeg tot laat aan die woel en werskaf was, het ek nie nagedink nie en het ek soveel as wat ek kon pret gemaak en met grappies be-wus of onbewus die leegheid probeer verdryf.
Nou bekyk ek my eie lewe en merk dat n tydperk daarvan onherroeplik afgesluit is; die onbesorgde, kommerlose skool-tyd kom nooit weer terug nie. Ek verlang nie eens meer daar-na nie, ek het daarbo uitgegroei, ek wil my nie meer net met onsinnighede besig hou nie, n deeltjie van my bewaar altyd die erns.
Ek sien my lewetjie tot aan Nuwejaar 1944 deur n skerp lens. Tuis n lewe met baie son, dan in 42 die plotselinge oor-gang hiernatoe, die rusies, die beskuldiginge: Ek kon nie vat daaraan kry nie; ek was oorrompel en ek kon om my waardig-heid te behou niks anders doen as om astrant te wees nie.
Die eerste helfte van 1943: my huilbuie, die eensaamheid, die langsame insien van al my foute en gebreke, wat so groot
was en dubbel groot gelyk het. Ek het bedags oor alles heen gepraat en Pim na my toe probeer trek, wat nie geslaag het nie. Ek het alleen voor die moeilike taak gestaan om myself so te verander dat ek nie meer verwyte sou moes aanhoor nie, want dit het my terneergedruk tot die vreeslikste moedeloosheid toe.
Die tweede helfte van di jaar het dit n bietjie beter gegaan. Ek het n bakvissie geword en is as meer volwasse beskou. Ek het begin dink en verhale begin skryf en tot die slotsom gekom dat die ander niks meer met my te make gehad het nie, dat hulle nie die reg het om my soos n slingerklok heen en weer te trek nie; ek wou my na my eie wil self hervorm. Ek het be-gryp dat ek goed sonder Moeder kon regkom, heeltemal en volledig, en dit het seergemaak, maar een ding wat my nog meer geraak het, is dat ek ingesien het dat Vader nooit my ver-troueling sou word nie. Ek het niemand anders meer vertrou as myself nie.
Na Nuwejaar die tweede groot verandering, my droom  daardeur het ek my verlange ontdek na  n seun; nie na n meisievriendin nie, maar na n seunsvriend. Ook het ek die ge-luk in myself ontdek en my pantser van oppervlakkigheid en vrolikheid. Maar af en toe het ek stil geword. Nou leef ek net maar vir Peter, want van hom sal dit in ho mate afhang wat verder met my sal gebeur!
En saans as ek in die bed l en my gebed beindig met die woorde: Ich danke dir fr all das Gute und Liebe und Schne,* dan jubel dit in my, dan dink ek aan das Gute van die onderduik, my gesondheid en my hele self; das Liebe van Peter, dit wat nog klein en gevoelig is en wat ons albei nog nie waag om te noem nie, die liefde, die toekoms, die geluk en aan das Schne wat die wreld is, die natuur en die wye skoon-heid van alles, al die mooie bymekaar.
Dan dink ek nie aan al die ellende nie, maar aan die mooie wat nog steeds oorbly. Hierin l vir n groot deel die verskil tussen Moeder en my. Haar raad vir swaarmoedigheid is:
* Ek dank U vir al die goeie en die liewe en die mooie.
Dink aan al die ellende in die wreld en wees bly dat jy dit nie beleef nie. My raad is: Gaan na buite, na die velde, die na-tuur en die son en probeer om die geluk in jouself te her-ontdek; dink aan al die mooie wat daar in jouself en om jou heen groei en wees gelukkig.
Na my mening kan Moeder se raad nie opgaan nie, want wat moet jy doen as jy wel die ellende beleef? Dan is jy verlore. Daarenteen vind ek dat daar by elke verdriet tog nog iets moois oorbly en as jy daarop let, val steeds meer blydskap jou op en word jy self weer ewewigtig. En wie gelukkig is, sal ander gelukkig maak en wie moed en vertroue het, sal nooit in die ellende ondergaan nie!
Anne M. Frank
Woensdag, 8 Maart 1944
Ek en Margot het vir mekaar briefies geskryf, natuurlik net vir die pret.
Anne: Snaaks dat nagtelike gebeurtenisse eers later by my op-kom, n? Ek onthou nou skielik dat meneer Dussel vannag erg gesnork het (nou is dit Woensdagmiddag kwart voor drie en meneer Dussel snork weer; daarom het ek dit natuurlik ont-hou). Toe ek op die pot moes gaan sit, het ek opsetlik soveel lawaai as moontlik gemaak om daardie gesnork te laat ophou.
Margot: Wat is die aanvaarbaarste, die gehap na lug of die ge-snork?
Anne: Die gesnork is beter, want as ek lawaai maak, hou dit op sonder dat die betrokke persoon wakker word.
Wat ek nie aan Margot geskryf het nie, maar wat ek wel aan jou wil beken, beste Kittie, is dat ek besonder baie van Peter droom. Eergisternag was ek hier in ons huiskamer op n be-vrore yslaag saam met daardie klein seuntjie van die ysskaats-baan in die Apollo-saal wat saam met sy sussie in-die-ewige-blou-rok-en-spykerbeentjies hier verby geloop het. Ek het my
heel aanstellerig aan hom voorgestel en sy naam gevra. Sy naam is Peter. In my droom het ek my afgevra hoeveel Peters ek nou eintlik ken!
Daarna het ek gedroom dat ons in Peter se kamertjie ge-staan het, oorkant mekaar langs die trap. Ek het iets vir hom ges, hy het my gesoen, maar geantwoord dat hy tog nie so lief vir my is nie en dat ek nie moet flankeer nie. Met n wanhopige en smekende stem het ek ges: Ek flankeer nie, Peter!
Toe ek wakker word, was ek bly dat Peter dit nog nie ges het nie. Vannag was ons weer aan die soen, maar dit was baie teleurstellend, want Peter se wange was nie so sag soos wat hulle lyk nie, maar soos Vader se wange, dus die wange van n man wat hom al skeer.
Vrydag, 10 Maart 1944
