Liewe Kittie
Die hele huis dreun van die rusie. Moeder en ek, Van Daan en Pappa, Moeder en Mevrou, almal is vir mekaar kwaad. Plesie-rige atmosfeer, n? Die gebruiklike sonderegister van Anne het in sy geheel weer ter sprake gekom.
Verlede Saterdag het die buitelandse here weer n besoek gebring. Ons het almal bo gesit en nie gewaag om ons te ver-roer nie. As daar niemand anders in die huis of die buurt aan die werk is nie, hoor n mens in die privaat kantoor elke voet-stap. Ek het weer sitkoors; om so lank stil te sit, is nie maklik nie.
Meneer Voskuijl is reeds in die hospitaal. Meneer Kleiman is weer op kantoor; die maagbloeding is gouer as gewoonlik gestelp. Hy het vertel dat die Burgerlike Stand nog n keer deur die brandweer toegetakel is; in plaas van om die vuur te blus, het hulle die hele spul onder die water gesteek. Dit gee my ple-sier! Die Carlton Hotel is in puin; twee Engelse vliegtuie met n groot lading brandbomme aan boord het direk op die Offi-ziersheim geval. Die hoek van Vijzelstraat en die Singel is af-gebrand. Die lugaanvalle op die Duitse stede word van dag tot dag hewiger. Ons het geen nag meer rus nie. Ek het swart kringe onder my o weens n tekort aan slaap.
Ons etes is miserabel. Ontbyt met dro brood en koffiesur-rogaat. Hoofmaaltyd al veertien dae lank: spinasie of slaai. Aartappels van twintig sentimeter lank smaak soet en vrot. Wie wil verslank, kom loseer in die Agterhuis! Bo kla hulle steen en been; ons vind dit nie so tragies nie.
Alle mans wat in 1940 geveg het of gemobiliseer is, is op-geroep om in die krygsgevangenekampe vir die Fhrer te werk. Dit doen hulle seker as voorsorgmaatrel vir die Geal-lieerde inval!
Anne
Saterdag, 1 Mei 1943
