Liewe Kittie
Ag, daar staan al weer iets verskrikliks op my sonderegister. Gisteraand het ek in die bed gel en wag dat Vader saam met my moet kom bid en dan goeienag s, toe Moeder die kamer binnekom, op my bed gaan sit en heel beskeie vra: Anne, Pappie kom nog nie, sal ons n keer saam bid?
Nee, Mansa, het ek geantwoord.
Moeder het opgestaan, langs my bed bly staan, toe lang-saam na die deur geloop. Eensklaps het sy omgedraai en met n verwronge gesig ges: Ek wil nie vir jou kwaad wees nie. Liefde laat hom nie dwing nie! n Paar trane het van haar wange afgegly toe sy by die deur uitgaan.
Ek het stil bly l en dadelik gedink dat dit gemeen van my was om haar so ru van my weg te stoot, maar ek het ook ge-weet dat ek nie anders kon geantwoord het nie. Ek kan nie so huigel en teen my wil saam met haar bid nie. Dit werk net nie so nie. Ek het medelye met Moeder gehad, heelwat medelye, want vir die eerste keer in my lewe het ek gemerk dat my koel houding haar nie onverskillig laat nie. Ek het die verdriet op haar gesig gesien toe sy gepraat het oor die liefde wat hom nie laat dwing nie. Dit is swaar om die waarheid te praat en tog is dit die waarheid dat sy my self van haar weggestoot het, dat sy my self van alle liefde van haar kant af afgestomp het deur haar ontaktvolle opmerkings, haar growwe geskerts oor dinge wat nie vir my grappig is nie. Soos wat ek elke keer inmekaar krimp as sy my haar harde woorde toevoeg, so het my harde woorde haar hart inmekaar laat krimp toe sy opgemerk het dat die liefde tussen ons regtig verdwyn het. Sy het die halwe nag om-gehuil en die hele nag nie goed geslaap nie. Vader kyk nie na my nie en as hy dit vlugtig doen, lees ek in sy o die woorde: Hoe kan jy so naar wees, hoe kan jy Moeder so n verdriet aandoen!
Almal verwag dat ek ekskuus moet vra, maar dit is n geval waarvoor ek dit nie kan doen nie, omdat ek iets ges het wat
waar is en wat Moeder vroer of later tog moet weet. Ek lyk en is onverskillig teenoor Moeder se trane en Vader se blikke, omdat hulle altwee vir die eerste keer iets voel van wat ek on-ophoudelik ervaar. Ek kan slegs medelye h met Moeder wat self haar houding teenoor my sal moet bepaal. Wat myself be-tref, ek bly swyg en is koel en sal ook verder nie vir die waar-heid terugdeins nie, omdat hoe langer dit uitgestel word, hoe moeiliker is dit om aan te hoor!
Anne
Dinsdag, 27 April 1943
