Liewe Kittie
Sowaar in geen bui vir grappe nie (vergelyk die datum), in-teendeel, vandag kan ek gerus die gesegde aanhaal: n Onge-luk kom nooit op sy eie nie.
Ten eerste het ons opbeurder, meneer Kleiman, gister n erge maagbloeding gekry en moet vir minstens drie weke in die bed bly. Jy moet weet dat hy baie aan maagbloedings ly, waarteen geen kruie opgewasse is nie. Ten tweede: Bep het griep. Ten derde gaan meneer Voskuijl volgende week hospi-taal toe. Hy het waarskynlik n maagseer en moet daarvoor ge-opereer word. En ten vierde kom die direkteure uit Frankfurt om die nuwe Opekta-leweringe te bespreek. Vader het alle punte van di bespreking met Kleiman deurgegaan; meneer Kugler kan nie inderhaas so goed ingelig word nie. Die Frank-furtse here kom en Vader bibber al by voorbaat oor die afloop van die bespreking. As ek maar ook daar kon wees, was ek ook maar daar onder.
Gaan l maar met jou oor op die grond. Die here gaan tog na die privaat kantoor, dan kan jy alles hoor. Vader se gesig het opgeklaar en om halfelf gisteroggend het Margot en Pim (twee ore hoor beter as een) op die grond stelling ingeneem. Die be-spreking is nie die mre beindig nie, maar die middag was Vader nie in staat om die luisterkampanje voort te sit nie. Hy was heeltemal styf van die ongewone en onpraktiese houding. Ek het om halfdrie sy plek ingeneem toe ons stemme in die gang gehoor het. Margot het my geselskap gehou. Die gesprek was ten dele so langdradig en vervelig dat ek plotseling op die harde, koue linoleumvloer aan die slaap geraak het. Margot het nie gewaag om aan my te raak nie, uit vrees dat hulle ons on-der sou hoor en om te roep was heeltemal buite die kwessie. Ek het maklik n halfuur geslaap, toe verskrik wakker geword en alles van die bespreking vergeet. Gelukkig het Margot beter opgelet.
Anne
Vrydag, 2 April 1943
