Liewe Kittie
Ons hele klas is aan die bibber en beef. Die rede is die onder-wysersvergadering wat binnekort plaasvind. Die helfte van die klas is aan die wed wie gaan slaag en wie gaan druip. G. Z. en ek lag ons n papie oor ons twee agterste bure C. N. en Jacques Kocernoot wat al hul vakansiegeld reeds aan mekaar verwed het. Jy gaan slaag, Nee, ek gaan nie, Ja, jy gaan, van soggens vroeg tot saans laat. Gn smekende blikke wat vra dat hulle tog asseblief hulle monde moet hou of my kwaai uitbars-tings kan die twee meer die swye opl nie. Ek dink n kwart van die klas moet druip, soveel ape is daarin, maar onderwy-sers is die wispelturigste mense wat daar bestaan; miskien is hulle nou, by wyse van uitsondering, ten goede wispelturig.
Oor my en my vriendinne is ek nie so bekommerd nie. Ons sal gemaklik oorgly na die volgende klas. Net oor Wiskunde is ek onseker. In elk geval, ons moet maar wag en sien wat ge-beur. Intussen praat ons mekaar moed in. Met al my onderwy-sers kom ek nogal goed oor die weg. Daar is nege van hulle,
sewe manlik en twee vroulik. Meneer Keesing wat al jare lank Wiskunde gee, was n tyd lank kwaad vir my omdat ek so baie babbel. Vermaning het op vermaning gevolg totdat ek straf-werk gekry het. Ek moes n opstel skryf oor die onderwerp n Kletskous. n Kletskous, wat kan n mens nou daaroor skryf? Nadat ek dit aangeteken het, het ek my dagboek in my tas ge-stop en probeer om kalm te bly.
Die aand toe ek klaar was met al my huiswerk, val my oog op die aantekening wat ek gemaak het oor die opstel. Met die punt van my vulpen in my mond begin ek na te dink oor die onderwerp. Sommer maar neerpen wat in my kop kom en die woorde so ver as moontlik uit mekaar skryf, kan enige een doen, maar n afdoende bewys kry vir die noodsaaklikheid om te moet praat, dit is die kuns. Ek het gedink en gedink en met-eens het ek n idee gekry, my drie vereiste bladsye vol geskryf en voldaan gevoel. As argument het ek aangevoer dat praat vroulik is, dat ek wel my bes sou doen om dit n bietjie te tem-per, maar afleer sou ek dit nooit nie, omdat my ma net soveel praat soos ek, indien nie meer nie, en dat aan n oorgerfde eienskap nou eenmaal weinig gedoen kan word.
Meneer Keesing het baie gelag oor my argumente, maar toe ek in die volgende les my praatuurtjie tg weer hervat, het die tweede opstel gevolg. Di keer moes dit n Onverbeterlike kletskous wees. Ook dit is ingelewer en Keesing het twee lesse lank niks gehad om oor te kla nie. In die derde les het dit egter weer vir hom te erg geword. Anne Frank, as strafwerk vir praat n opstel oor die onderwerp Kwek, kwek, kwek, s me-juffrou Snaterbek.
Die klas het geskater. Ek moes maar saam lag, alhoewel my vindingrykheid op die gebied van die kletsopstelle uitgeput was. Ek moes iets anders, heeltemal oorspronkliks, oor die onder-werp bedink. My vriendin Sanne, n goeie digteres, het haar hulp aangebied om die opstel heeltemal in rymvorm te skryf. Ek het gejuig. Meneer Keesing wou van my n gek maak met die onsinnige onderwerp, maar ek sou n nog groter gek van
hom maak. Die gedig het geslaag en was pragtig! Dit gaan oor n moeder eend en n vader swaan met drie klein eendjies wat weens te veel gekwaak deur die vader doodgebyt word. Keesing het die grap gelukkig heeltemal goed verstaan, hy het die ge-dig met kommentaar in die klas voorgelees en ook nog in ver-skillende ander klasse. Sedertdien mag ek praat en kry ek nooit meer strafwerk nie, inteendeel, Keesing maak nou altyd grap-pies.
Woensdag, 24 Junie 1942
