Liewe Kittie
Die snelskrifkursus is voltooi; ons begin nou om snelheid te oefen. Hoe slim word ons nie! Om jou nog iets oor my dag-verdryfvakke te vertel (ek noem hulle so, omdat ons niks an-ders doen as om die dae so gou as moontlik verby te kry nie sodat die einde van die onderduiktyd so gou as moontlik aan-breek). Ek is dol oor mitologie en die meeste oor die Griekse en Romeinse gode. Hier dink hulle dat dit verbygaande nei-gings is; hulle het nog nooit van n bakvissie met n bewonde-ring vir gode gehoor nie. Nou ja, dan is ek die eerste!
Meneer Van Daan is verkoue, of beter ges: hy het n effense gekriewel in sy keel. Hy maak n vreeslike gedoente daarvan. Gorrel met kamilletee, verf mirretinktuur aan sy ver-hemelte, smeer kamfer op bors, neus, tande en tong en om alles te kroon is hy nog in n slegte bui!
Rauter, een of ander ho Mof, het n toespraak gehou. Alle Jode moet teen 1 Julie die Germaanse lande verlaat het. Vanaf 1 April tot 1 Mei sal die provinsie Utrecht gesuiwer word (asof dit kakkerlakke is), vanaf 1 Mei tot 1 Junie die provin-sies Noord- en Suid-Holland. Soos n kudde arm, siek en ver-waarloosde vee word die arme mense na die onsindelike slag-plase vervoer. Maar laat ek hieroor swyg, ek kry net nagmer-ries van my eie gedagtes.
n Aangename nuusbrokkie is dat die Duitse afdeling van die Arbeidersbeurs deur sabotasie aan die brand gesteek is. n Paar dae daarna het die Burgerlike Stand gevolg.* Manne in uniforms van die Duitse polisie het die wagte se monde toege-stop en sodoende belangrike papiere laat verdwyn.
Anne
Op 10 Februarie 1944 is brand in die Provinsiale Arbeidsburo in Amster-dam gestig en op 27 Maart is n aanslag op die Bevolkingsregister van Amsterdam gemaak. Beide aanslae was bedoel om die uitstuur van arbei-ders na Duitsland te bemoeilik en om die deportasie van Jode te verhin-der (Kritiese Edisie, 2000, p. 394). 
Donderdag, 1 April 1943
