Liewe Kittie
Moeder, Vader, Margot en ek sit gisteraand ewe gelukkig by mekaar, toe Peter skielik binnekom en iets in Vader se oor fluis-ter. Ek het iets gehoor van n vat wat in die pakhuis omgeval het en iemand wat aan die deur peuter. Margot het dit ook so
verstaan, maar het my nog n bietjie probeer kalmeer, want ek was natuurlik krytwit en baie gespanne. Ons drie het gewag om te sien wat gebeur; Vader en Peter het intussen ondertoe ge-gaan. Skaars twee minute later het mevrou Van Daan onder van die radio af boontoe gekom en vertel dat Pim haar gevra het om die radio af te sit en saggies op te gaan. Maar wat gebeur as mens baie saggies wil loop? Dan kraak die tre van n ou trap juis dubbel hard. Weer vyf minute later kom Peter en Pim, wit tot aan hul neuspuntjies, en vertel ons van hulle wedervaringe.
Hulle het onder aan die trap gaan sit en gewag, sonder re-sultaat. Maar opeens hoor hulle sowaar twee harde knalle asof hier in die huis twee deure toegeslaan word. Pim was in n sprong bo, Peter het eers nog vir Dussel gewaarsku wat met baie omhaal en gedruis eindelik ook bo aangeland het. Van daar is ons op ons sokkies n verdieping hor na die gesin Van Daan. Meneer was erg verkoue en het al in die bed gel, dus het ons ons almal om sy siekbed geskaar en ons vermoedens ge-fluister. Telkens wanneer Meneer hard gehoes het, het Mevrou en ek gevoel ons kry die stuipe van angs. Dit het so voortge-gaan totdat een van ons op die briljante idee gekom het om vir hom kodeen te gee. Die hoes het toe onmiddellik bedaar.
Weer het ons gewag en gewag, maar ons het niks meer ge-hoor nie en toe het ons almal eintlik maar veronderstel dat die diewe, omdat hulle voetstappe in die andersins so stil huis ge-hoor het, die hasepad gekies het. Tot oormaat van ramp het die radio onder nog op Engeland gestaan met die stoele ook nog netjies daaromheen geskaar. As die deur oopgeforseer sou ge-wees het en die lugbeskerming dit sou opmerk en die polisie sou waarsku, sou daar heel onaangename gevolge uit die voor-val kon voortvloei. Meneer Van Daan het dus opgestaan, sy broek en jas aangetrek, sy hoed opgesit en baie versigtig agter Vader aan die trap afgegaan, gevolg deur Peter wat veiligheids-halwe met n swaar hamer gewapen was. Die dames bo (inslui-tend Margot en ek) het in spanning gewag tot die here vyf minute later weer bo verskyn en vertel het dat alles in die huis weer rustig was. Daar is afgespreek dat ons geen water sou laat
loop of die toilet sou spoel nie, maar deurdat die opwinding op al die huisgenote se mae geslaan het, kan jy jou voorstel wat n stank daar geheers het toe ons die een na die ander ons boodskap agtergelaat het.
Gebeur so iets, dan bly ander ellendes nie uit nie. Dit was ook nou die geval. No. 1 was dat die Westertoring se klokke-spel wat my altyd so n gerusstellende gevoel gee, buite wer-king was. No. 2 was dat meneer Voskuijl die vorige aand vroeg weggegaan het en ons nie seker was of Bep nog die sleutel by hom kon kry nie en miskien vergeet het om die deur te sluit. Maar dit was nie so belangrik nie. Dit was nog steeds aand en ons was nog in onsekerheid, hoewel tog ook weer n bietjie ge-rusgestel, omdat ons vanaf ongeveer kwart oor agt, toe die dief ons huis onveilig gemaak het, tot halfelf niks meer gehoor het nie. Dit het ook, toe ons weer daaroor nagedink het, vir ons baie onwaarskynlik gelyk dat n dief so vroeg in die aand as daar nog mense op straat kon rondloop, n deur sou oopbreek. Bowendien het die gedagte by ons opgekom dat die pakhuis-baas van ons bure, die firma Keg, nog aan die werk kon gewees het, want in die opwinding en met ons dun mure kan mens jou maklik vergis met geluide en ook speel die verbeelding in sulke haglike oomblikke n groot rol.
Ons is dus bed toe, maar die slaap wou by ons almal maar net nie kom nie. Sowel Vader as Moeder en meneer Dussel was dikwels wakker en ek kan met n bietjie oordrywing s dat ek nie n oog toegemaak het nie. Vanoggend is die here ondertoe; hulle het aan die buitedeur getrek om vas te stel of dit nog ge-sluit was, maar alles was veilig!
Die gebeure wat allesbehalwe aangenaam was, is natuurlik met geur en kleur aan die hele kantoor vertel, want agterna kan n mens maklik oor sulke dinge lag en slegs Bep het ons ern-stig opgeneem.
Anne
Ns. Die toilet was vanmre verstop en Vader moes al die aar-beiresepte (ons huidige toiletpapier) saam met n paar kilos kak met n lang houtstok daaruit haal. Die stok is later verbrand.
Saterdag, 27 Maart 1943
