Liewe Kittie
Die teleurstelling het al binne n uur op die vreugde gevolg en laasgenoemde verdryf. Turkye is nog nie in die oorlog nie, maar die minister praat van n spoedige opheffing van die neu-traliteit. Op die Dam* het n koerantverkopertjie geskreeu: Tur-kye aan die kant van Engeland! Die koerante is daarom uit sy hande gegryp. So het die verblydende gerug ons ook bereik.
Die 1000-guldenote is ongeldig verklaar. Dit is n groot strop om die nek vir swartmarkhandelaars en dergelikes, maar nog meer vir eienaars van ander swartgeld en onderduikers. n Mens moet as jy n 1000-guldenoot wil inwissel, presies ver-klaar en bewys hoe jy daaraan gekom het. Belasting mag nog wel daarmee betaal word, maar ook dit kom volgende week ten einde. Die 500-guldenote het terselfdertyd verval. Gies en Kie. het nog 1000-guldenote swartgeld; hulle het n hele tyd lank hul belasting vooruit betaal, op di manier was alles skoon.
*   Stadsplein in die sentrum van Amsterdam.
Geld wat klandestien bekom is en waarvoor geen belastingopgaaf inge-dien is nie. 
Dussel het n trapboormasjientjie ontvang, dus sal ek gou n ondersoekbeurt kry. Andersins is Dussel verskriklik ongehoor-saam aan die skuilrels. Hy skryf nie net briewe aan sy vrou nie, maar ook met ander mense voer hy n gesellige korrespon-densie. Hy laat Margot as die onderwyseres in Nederlands van die Agterhuis die briewe korrigeer. Vader het hom streng ver-bied om daarmee voort te gaan. Margot se korrigering het op-gehou, maar ek dink dat hy die skrywery gou weer sal hervat.
Der Fhrer aller Germanen het met gewonde soldate ge-praat. Dit was treurig om aan te hoor. Vraag en antwoord het ongeveer so verloop:
Heinrich Scheppel is my naam. Waar gewond?
By Stalingrad. Watter wonde?
Twee af voete weens bevriesing en n gewrigsbreuk aan die linkerarm.
Presies so het die radio die verskriklike marionetteteater aan ons deurgegee. Die gewondes het selfs trots geklink op hulle verwondinge. Hoe meer, hoe beter. Enetjie kon die Fhrer die hand reik (as hy dit nog ten minste gehad het) en kon van ont-roering byna nie n woord uitkry nie.
Ek het Dussel se seep op die grond laat val. Ek het daarop getrap en nou is daar n hele stuk uit. Ek het Vader al vooruit om skadevergoeding vir hom gevra, veral omdat Dussel nie meer as een stuk seep per maand kry nie.
Anne
Donderdag, 25 Maart 1943
