Liewe Kittie
Mag ek jou voorstel: Mamma Frank, voorvegster vir die kin-ders! Ekstra botter vir die jeugdiges, moderne jeugprobleme, in alles kom Moeder vir die jeug op en na n dosis rusie kry sy omtrent altyd haar sin.
n Glashouer met gepreserveerde tong is bederf. Galamaal-tyd vir Mouschi en Moffie.
Moffie* is nog vir jou n onbekende, tog was hy al deel van die onderneming voordat ons ondergeduik het. Hy is die pak-huis- en kantoorkat en hou die rotte in die stoorkamer weg. Ook sy politieke naam kan maklik verklaar word. Vir n tydjie het die firma Gies en Kie. twee katte gehad, een vir die pak-huis en een vir die solder. Dit het af en toe gebeur dat die twee mekaar ontmoet het, wat altyd groot gevegte tot gevolg gehad het. Die pakhuiskat was altyd die een wat aangeval het, terwyl die solderdier op die ou end tog die oorwinning behaal het. Dus is die pakhuiskat die Duitser of Moffie genoem en die sol-derkat die Engelsman of Tommie. Tommie is later ontslaan en Moffie verskaf ons altyd vermaak wanneer ons ondertoe gaan.
Ons het soveel bruin- en witbone geet dat ek dit nie meer kan aankyk nie. As ek net daaraan dink, word ek al mislik.
Die aand se broodaflewering is heeltemal opgeskort. Pappie het nou net ges dat hy nie in n goeie stemming is
nie. Hy het weer sulke droewige ogies, die arme siel!
Ek is gewoon verslaaf aan die boek De klop op de deur van Ina Boudier-Bakker. Di familieroman is buitengewoon goed geskryf, maar wat daaromheen vertel word oor oorlog, skry-wers of die emansipasie van die vrou is nie so goed nie, en eerlik ges interesseer dit my nie besonder baie nie.
Verskriklike bomaanvalle op Duitsland. Meneer Van Daan is in n slegte bui. Aanleiding: sigaretskaarste.
Die diskussie of ons die geblikte groente moet opeet of nie het vir ons party gunstig verloop.
Geen skoen kan ek meer aankry nie, behalwe die ho ski-skoene wat in die huis erg onprakties is. n Paar strooisandale vir 6,50 gulde kon ek maar n week lank dra, toe het hulle hul diens opges. Miskien diep Miep iets op die swartmark op.
Mof (mv. Mowwe) was n skeldnaam vir die Duitsers in die Tweede Wreld-oorlog. 
Ek moet Vader se hare nog knip. Pim beweer dat hy na die oorlog nooit weer na n ander haarkapper gaan nie, so goed verrig ek my taak. As ek maar net nie so dikwels sy oor raak knip nie!
Anne
Donderdag, 18 Maart 1943
