Liewe Kittie
Vanoggend het Peter gevra of ek vanaand na hom toe kom. Hy het bygevoeg dat ek hom regtig nie hinder nie en dat daar net soveel plek in sy kamer vir twee as vir een is. Ek het ges dat ek nie elke aand kon kom nie, omdat hulle hier onder nie dink
dis goed nie, maar hy is van mening dat ek my nie daaraan moet steur nie. My antwoord was dat ek Saterdagaand sou kom en dat hy veral as daar n maan is, nie moet vergeet om my te vra nie.
Dan gaan ons ondertoe, het hy ges, om daar na die maan te kyk.
Dit is vir my uitstekend en vir diewe is ek werklik ook nie baie bang nie.
Intussen het daar n skaduwee oor my geluk geval. Ek het al lankal gedink dat Margot se gevoel vir Peter meer is as vir n gawe vriend. Hoeveel sy van hom hou, weet ek nie, maar dis vir my baie onaangenaam. Elke keer as ek Peter nou ontmoet, moet ek haar opsetlik seermaak en die ergste is dat sy niks laat merk nie. Ek weet verseker dat ek wanhopig van jaloesie sou gewees het, maar Margot s net dat ek nie vir haar jammer moet voel nie.
Dis vir my so naar dat jy nou derdemannetjie moet speel, het ek nog daaraan toegevoeg.
Dt is ek gewoond, het sy enigsins bitter geantwoord. Ek durf Peter nie hiervan vertel nie, miskien later, ons moet
eers nog so ontsettend baie uitpraat.
Moeder het my gisteraand n ligte opstopper gegee, wat ek inderdaad verdien het. Ek mag in my onverskilligheid en min-agting teenoor haar nie te ver gaan nie. Dus moet ek maar weer probeer om ondanks alles vriendelik te wees en my aan-merkings agterwe te laat!
Ook Pim is nie meer so hartlik nie. Hy probeer nou om daar-die kinderagtigheid van hom weer n bietjie af te leer en is nou veels te koud. Ons sal sien wat daarvan kom! Hy het my ge-dreig dat as ek geen algebra doen nie, ek geen ekstra lesse gaan kry nie. Alhoewel ek maar kan wag tot dan, wil ek tog weer met algebra begin, mits ek n nuwe boek kry.
Dit is voorlopig genoeg, ek kan niks anders doen as om na Peter te kyk nie en is tot oorlopens toe vol!
Anne M. Frank
Bewys van Margot se goedheid. Dit het ek vandag, 20 Maart 1944, ontvang:
Anne, toe ek gister ges het dat ek nie jaloers was op jou nie, was ek maar net 50% eerlik. Die waarheid is naamlik dat ek nie op jou of Peter jaloers is nie. Ek voel maar net n bietjie jam-mer vir myself dat ek nog nie iemand gevind het en voorlopig seker nie sal vind met wie ek my gedagtes en gevoelens sou kon bespreek nie. Maar daarom juis gun ek julle dit altwee van har-te as julle mekaar iets van julle vertroue kan skenk. Jy mis hier al genoeg van wat vir baie ander so vanselfsprekend is.
Aan die ander kant weet ek vir seker dat ek met Peter tog nooit so ver sou gekom het nie, omdat ek die gevoel het dat ek met iemand met wie ek baie sal wil bespreek, op n taamlike in-tieme voet moet verkeer. Ek sou die gevoel moet h dat hy my ook sonder dat ek veel s, deur en deur begryp. Maar daarom moet dit iemand wees in wie ek my meerdere herken en dit was met Peter nooit die geval nie. Wat jou betref, kan ek my bostaande met Peter wel indink.
Jy hoef jouself dus nie te verwyt dat ek te kort skiet en dat jy iets doen wat my toekom nie; niks is minder waar nie. Jy en Peter sal net kan wen in julle omgang met mekaar.
Antwoord van my:
Liewe Margot
Jou briefie is buitengewoon lief, maar ek is nie heeltemal daardeur gerusgestel nie en sal dit ook nie word nie.
Van vertroue in die mate wat jy dit veronderstel, is daar voorlopig tussen Peter en my geen sprake nie, maar voor n oop vensterraam in die donker s jy meer vir mekaar as in die helder sonlig. Ook kan jy meer van jou gevoelens fluisterend vertel as wanneer jy dit moet uitbasuin. Ek glo dat jy begin het om vir Peter n soort susterlike toegeneentheid te voel en hom graag wil help, minstens net so graag soos ek. Miskien sal jy dit ook nog kan doen, alhoewel dit nie vertroue is soos ons dit
verstaan nie. Ek dink dat vertroue van twee kante moet kom; ek glo dat dit ook die rede is waarom ek en Vader nie nader aan mekaar gekom het nie.
Laat ons daarmee ophou en nie meer daaroor praat nie. As jy nog iets wil s, doen dit dan asseblief skriftelik, want op di manier kan ek wat ek bedoel veel beter uitdruk as mondeling. Jy weet nie hoe ek jou bewonder nie en ek hoop maar net dat ek nog iets van jou en Vader se goedheid  waartussen ek nie meer veel verskil sien nie  sal ontwikkel.
Anne
Woensdag, 22 Maart 1944
