Liewe Kittie
Gisteraand het ons n kortsluiting gehad en boonop het hulle onophoudelik geskiet. Ek het my angs vir alles wat skiet of vliegtuie is, nog nie afgeleer nie en l byna elke aand by Vader in die bed om daar troos te soek. Dit kan nou wel erg kinder-agtig wees, maar jy moet dit maar self n keer beleef! Jy kan jou eie woorde nie meer hoor nie, so bulder die kanonne. Mrs. Beaverbrook, die fatalis, het amper begin huil en het met n baie klein stemmetjie gepraat: O, dit is so onaangenaam, o, hulle skiet so hard! Met ander woorde: Ek is so bang.
By kerslig was dit nie heeltemal so erg soos toe dit donker was nie. Ek het geril asof ek koors gehad het en het Vader ge-smeek om die kersie weer aan te steek. Hy was onverbiddelik: Die lig bly uit. Plotseling het masjiengewere begin skiet wat nog tien maal erger is as kanonne. Moeder het uit die bed ge-spring en tot grote ergernis van Pim die kers aangesteek. Haar besliste antwoord op sy gebrom was: Anne is tog nie n ou soldaat nie! Daarmee basta.
Het ek jou van Mevrou se ander angste vertel? Ek dink nie so nie. Om oor al ons Agterhuis-avonture ingelig te wees, moet jy dit ook weet. Mevrou het op n nag diewe op die sol-der gehoor; sy het regtig harde voetstappe gehoor en was so
bang dat sy haar man wakker gemaak het. Presies op daardie oomblik het die diewe verdwyn en al wat Meneer nog gehoor het, was die klop van die fatalis se hart. O, Putti, (Meneer se troetelnaam) hulle het seker die worse en al ons peulvrugte saamgeneem. En Peter! O, sou Peter darem nog in sy bed l? Hulle het Peter regtig nie gesteel nie, hoor, moenie bekom-merd wees nie en laat my slaap! Maar daarvan het niks gekom nie. Mevrou het van angs nie weer aan die slaap geraak nie.
n Paar nagte later word die hele boonste gesin deur die spo-kelawaai gewek. Peter is met sy flits na die solder en rrrt, wat hardloop weg? n Massa groot rotte! Toe ons weet wie die diewe was, het ons Mouschi op die solder laat slaap en die on-gevraagde gaste het nie weer teruggekom nie, ten minste  nie snags nie.
Peter is n paar aande gelede na die solder (dit was pas half-agt en nog daglig) om n klompie ou koerante te gaan haal. Om die trap af te klouter, moes hy goed aan die luik vashou en sonder om te kyk, sit hy sy hand neer en  val byna van skrik en pyn van die trap af. Sonder dat hy dit geweet het, het hy sy hand op n groot rot gesit, wat hom hard aan sy arm gebyt het. Die bloed het deur sy pajama geloop toe hy so wit soos n laken en met knikkende knie onder by ons aangekom het. Geen wonder nie! Om n groot rot te streel is nie pret nie en om op die koop toe n hap te kry, is verskriklik.
Anne
Vrydag, 12 Maart 1943
