Liewe Kittie
Mevrou het n nuwe naam, ons noem haar Mrs. Beaverbrook. Die betekenis daarvan sal jy natuurlik nie snap nie. Ek sal ver-duidelik: Oor die Engelse radio praat n Mr. Beaverbrook dik-wels oor die veels te sagte bombardemente op Duitsland. Me-vrou Van Daan weerspreek almal altyd, selfs vir Churchill en die nuusberigte, maar met Beaverbrook is sy dit roerend eens. Ons dink dus dat dit die beste is dat sy met meneer Beaver-brook gaan trou en omdat sy daardeur gevlei voel, heet sy maar voortaan Mrs. Beaverbrook.
Ons kry n nuwe pakhuisman, die oue moet na Duitsland, wat jammer is, maar wat ons wel beter pas, omdat n nuwe die huis nie ken nie. Ons is nog altyd bang vir die pakhuismanne.
Ghandi eet weer.
Dit gaan besonder goed met die klandestiene handel. Ons sou ons rond en vet kon geet het as ons die geld gehad het om die onmoontlike pryse te betaal. Ons groenteman koop die aar-tappels van die Wehrmacht en bring dit dan in sakke na die privaat kantoor. Hy weet dat ons onderduik en kom dan ook altyd juis in die etensuur wanneer die pakhuismanne weg is.
Ons kan nie asemhaal sonder om te nies en te hoes nie, so-veel peper word deur die meulens gedraai. Elkeen wat boon-toe kom, begroet ons met aitiesja. Mevrou verklaar dat sy nie meer ondertoe gaan nie; sy sal siek word as sy nog meer peper ruik. Ek dink dat Vader nie n aangename onderneming het
nie; niks behalwe konfytstolmiddels of sterk peper nie. As iemand n handelaar in lewensmiddele is, moet daar tog ook iets soets wees om aan te smul!
Vanoggend het ek weer n rammelende onweer van woorde oor my heen hoor gaan. Dit het so gebliksem van die kru uit-drukkings dat my ore getuit het van die Anne se slegte dits en die Van Daans se goeie dats. Donderwetterwetter!
Anne
Woensdag, 10 Maart 1943
