Liewe Kittie
Pim verwag die Geallieerde inval enige dag. Churchill het long-ontsteking gehad, hy word stadigaan beter. Gandhi, die Indie-se vryheidsman, hou sy soveelste hongerstaking.
Mevrou beweer dat sy n fatalis is. Maar wie is die bangste wanneer daar geskiet word? Niemand anders nie as Petronella van Daan.
Jan het die herderlike skrywe van die biskoppe aan die mense in die kerk vir ons saamgebring. Dit is besonder mooi en opswepend geskryf. Moenie stil bly sit nie, Nederlanders, laat elkeen met sy eie wapens veg vir die vryheid van land, volk en godsdiens! Help, gee, moenie aarsel nie! Dit roep hulle sommer van die preekstoel af uit. Sou dit help? Stellig nie vir ons geloofsgenote nie.
Stel jou voor wat ons nou weer oorgekom het! Die huiseie-naar van hierdie perseel het, sonder om Kugler en Kleiman in te lig, die huis verkoop. Op n mre het die nuwe huiseienaar saam met n argitek die huis kom besigtig. Gelukkig was me-neer Kleiman aanwesig, wat die here alles laat sien het behalwe ons Agterhuisie. Hy het sogenaamd die sleutel van die tussen-deur vergeet. Die nuwe huiseienaar het niks verder gevra nie. As hy tog maar net nie terugkom en die Agterhuis wil sien nie, want dan lyk dinge vir ons lelik!
Vader het vir my en Margot n liasseerdoos leeggemaak en daarin kaartjies gepak wat aan die een kant nog onbeskrewe is. Dit word ons boeke-liasseersisteem. Ons skryf naamlik albei op watter boeke ons gelees het, deur wie dit geskryf is en die datum. Ek het weer iets geleer, bordeel en cocotte* Ek het n aparte boekie daarvoor aangeskaf.
Nuwe botter- en margarienverdeling. Elkeen kry so n stukkie smeersel op sy bord. Die verdeling geskied baie onge-
* Vrou van losse sedes.
lyk. Die Van Daans wat altyd die ontbyt maak, gee hulleself anderhalf maal soveel as vir ons. My oues van dae is veels te bang vir rusie om iets te s. Jammer, maar ek dink dat jy sulke mense altyd in gelyke munt moet terugbetaal.
Anne
Donderdag, 4 Maart 1943
