Liewe Kittie
Hoewel ek lank niks oor die rusies geskryf het nie, het daarin geen verandering gekom nie. Meneer Dussel het die gou ver-gete onenighede in die begin ewe tragies opgeneem, maar nou begin hy al daaraan gewoond raak en probeer nie meer bemid-del nie.
Margot en Peter is glad nie wat n mens jonk noem nie; altwee is dooierig en stil. Ek steek verskriklik teen hulle af en moet altyd hoor: Margot en Peter doen dit nie, let maar n
slag op jou liewe sussie! Dit is vir my verskriklik. Ek wil maar aan jou beken dat ek glad nie soos Margot wil word nie. Sy is vir my veels te swak en onbetrokke, laat haar deur almal om-praat en gee in alles toe. Ek wil n bietjie sterker van gees wees! Maar sulke teorie hou ek vir myself; hulle sou my uitlag as ek met hierdie verdediging vorendag kom.
Aan tafel is die stemming meesal gespanne. Gelukkig word die uitbarstings meermale deur die sopeters afgeweer. Die sop-eters is almal wat van die kantoor af boontoe kom om n kop-pie sop te kry.
Vanmiddag het meneer Van Daan dit weer gehad oor Margot wat so min eet. Seker om die slank figuurtjie te be-hou, het hy op n spottende toon vervolg. Moeder wat altyd vir Margot in die bresse tree, het op n skerp toon ges: Ek kan di dom geklets van u nie meer aanhoor nie. Mevrou het vuurrooi geword, Meneer het voor hom uitgekyk en geswyg.
Dikwels lag ons ook oor die een of ander iets. Kort gelede het Mevrou n heerlike klomp onsin uitgekraam. Sy het van vroer vertel; hoe goed sy met haar vader oor die weg gekom het en hoe sy geflankeer het. En weet u, het sy vervolg, my vader het altyd beweer dat as n man n bietjie vatterig raak, jy aan hom moet s: Meneer, ek is n dame, dan weet hy wel wat jy bedoel. Ons het geskater asof oor n goeie grap.
Ook Peter, al is hy meesal hoe stil, gee soms aanleiding tot vrolikheid. Hy is dol oor vreemde woorde, maar ken onge-lukkig nie hulle betekenis nie. Op n middag toe ons weens kantoorbesoek nie na die toilet kon gaan nie, moes hy tog dringend daarheen gaan, maar het nie gespoel nie. Om ons teen n minder aangename reuk te waarsku, het hy n bordjie op die toiletdeur aangebring met die woorde SVP gas daar-op. Wat hy natuurlik wou opskryf, was Versigtig, gas, maar het gedink dat SVP deftiger lyk. Hy het geen benul gehad dat dit asseblief  beteken nie.
Anne
Saterdag, 27 Februarie 1943
