Liewe Kittie
Ek stoom van woede en ek mag dit nie wys nie. Ek sou my voete wou stamp, skreeu, Moeder n keer goed wou skud, huil en ek weet nie wat nog alles nie oor die nare woorde, die spot-tende blikke, die beskuldigings wat soos pyle uit n styf ge-spande boog my elke dag opnuut tref en wat so moeilik is om uit my liggaam te trek. Ek sou vir Moeder, Margot, Van Daan, Dussel en selfs vir Vader wil skreeu: Laat my met rus, laat my eindelik n nag gaan slaap sonder dat my kussing nat van die trane is, my o brand en my kop klop. Laat ek wegkom van alles, veral van die wreld! Maar ek kan nie, ek kan hulle nie my vertwyfeling laat sien nie, ek kan hulle nie laat inkyk in die wonde wat hulle in my slaan nie, ek sou hul medelye en goedmoedige spot nie kan verdra nie, ook dan sal ek nog wil skreeu.
Almal dink ek is aanstellerig as ek praat, belaglik as ek swyg, vrypostig as ek antwoord gee, geslepe as ek n goeie idee het, lui as ek moeg is, egosties as ek n hap te veel eet, dom, laf-hartig, berekenend, ensovoorts, ensovoorts. Die hele dag hoor
ek niks anders nie as dat ek n onuitstaanbare kind is, en alhoe-wel ek daaroor lag, maak asof ek my niks daarvan aantrek nie, maak dit wel vir my saak, sou ek God wou vra om my n ander geaardheid te gee wat alle mense nie teen my die harnas injaag nie. Dit kan nie gebeur nie: My geaardheid is aan my gegee en ek kan nie sleg wees nie; ek voel dit. Ek doen veel meer my bes om almal te bevredig as wat hulle ooit kan vermoed. Op die oppervlak lag ek, omdat ek nie wil h hulle moet sien hoe moeilik ek dit het nie. Meer as een keer het ek Moeder na n reeks onredelike verwyte teen die kop gegooi: Dit kan my tog nie skeel wat jy s nie. Los my maar heeltemal uit, ek is tog n hopelose geval. Ek moet dan natuurlik hoor dat ek parmantig was, word twee dae lank n bietjie gegnoreer en dan is alles meteens vergete en word ek soos al die ander behandel.
Dit is vir my onmoontlik om die een dag ewe vriendelik te wees en om die volgende dag my haat in hulle gesigte te gooi. Ek kies liewer die goue middeweg, wat nie verguld is nie, en hou my mond oor wat ek dink. En ek gaan nog probeer om n slag net so minagtend teenoor hulle op te tree soos hulle teen-oor my. Ag, as ek maar kon.
Anne
Vrydag, 5 Februarie 1943
