Liewe Kittie
Die Agterhuis het met blydskap verneem dat elkeen met Kers-fees n kwartpond botter ekstra kry. In die koerant het wel n halfpond gestaan, maar dit is slegs vir gelukkige sterflinge wat hul lewensmiddele van die staat kry en nie vir skuilende Jode wat weens die lewensduurte maar net vier in plaas van agt rantsoene klandestien koop nie. Ons gaan al agt iets bak met die botter. Ek het vanoggend koekies en twee terte gebak. Hier bo is ons druk besig en Moeder het my verbied om te
gaan leer of lees voordat alle huishoudelike werk agter die rug is.
Mevrou Van Daan l met haar gekneusde borsrib in die bed, kla die hele dag, laat aanhoudend haar verbande vervang en is met niks tevrede nie. Ek sal bly wees as sy weer op haar twee beentjies staan en self haar dinge aan die kant maak, want een ding moet ges word: Sy is buitengewoon vlytig en netjies en solank sy liggaamlik en geestelik in n goeie toestand verkeer, ook vrolik. Asof ek bedags nie al genoeg sjuut, sjuut te hore kry nie omdat ek altyd te veel lawaai maak, het my heer ka-mergenoot op die idee gekom om my snags ook herhaaldelik sjuut, sjuut toe te roep. Ek mag dus volgens hom nie eens omdraai nie. Ek weier om hieraan gehoor te gee en volgende keer gaan ek sjuut terugroep. Hy word by die dag onaange-namer en egostieser. Van die gul beloofde koekies het ek na die eerste week nie weer een gesien nie. Hy maak my veral op Sondae woedend as hy die lig so vroeg aanskakel en tien mi-nute liggaamsoefeninge doen. Dit voel vir my, arme geplaagde, soos ure, want die stoele waarmee my bed verleng is, skuif voortdurend onder my slaperige kop heen en weer. Nadat die liggaamsoefeninge met n paar heftige armswaaie beindig is, begin Meneer hom aantrek. Sy onderbroek hang aan die haak, dus eers daarnatoe, en weer terug. Die das l op die tafel; al stampend en stotend langs die stoele en weer terug.
Maar laat ek jou nie ophou deur oor nare ou mans te neul nie, dit maak dit tog nie beter nie en al my wraakplanne soos die lamp uitskroef, die deur toesluit, klere wegsteek, moet ek laat vaar om die vrede te bewaar. Ag, ek word so verstandig. Alles moet hier met verstand gebeur: leer, luister, jou mond hou, help, lief wees, toegee en wie weet wat nog alles! Ek is bang dat ek my verstand, wat reeds nie besonder groot is nie, te gou opgebruik en vir naoorlogse tye niks meer sal oorhou nie.
Anne
Woensdag, 13 Januarie 1943
