Liewe Kittie
Ek sit heel gesellig in die voorkantoor deur n spleet in die swaar gordyne na buite en kyk. Dit is hier skemerdonker, maar nog net lig genoeg om aan jou te skryf.
Dis n baie vreemde gesig om die mense te sien loop. Dit lyk of hulle almal verskriklik haastig is en omtrent oor hulle eie voete struikel. Wat die fietsryers betref, by hulle tempo kan ek glad nie byhou nie; ek kan nie eers sien watter soort individu op die voertuig sit nie. Die mense in hierdie buurt lyk nie baie aantreklik nie en veral die kinders is te vuil om met n tang aan te raak; regte agterbuurtkinders met snotneuse. Hulle taaltjie kan ek nouliks verstaan.
Gistermiddag was ek en Margot besig om hier te bad toe ek ges het: As ons nou die kinders wat hierlangs loop een vir een met n visstok uitvis, in die bad stop, hulle goed was en op-knap en dan weer laat loop, dan 
Daarop antwoord Margot: Dan sal hulle mre weer net so vuil en gehawend daar uitsien soos vantevore.
Maar wat sit ek en klets, daar is ook ander dinge om te sien: motors, bote en die ren. Ek hoor die trem en die kinders amu-seer my.
In ons gedagtes is daar net so min afwisseling as in onsself. Dit gaan aanhoudend soos n mallemeule van die Jode na die ete en van die ete na die politiek. Tussen hakies, oor Jode ge-praat, gister het ek, asof dit n wreldwonder was, twee Jode deur die gordyn gesien. Dit was so n vreemde gevoel, net asof ek mense verraai het en nou hulle ongeluk sit en beloer.
Net hier aan die oorkant l n woonboot waarop n skipper met vrou en kinders woon. Di man het n klein keffertjie. Ons ken di hondjie net omdat ons hom hoor blaf en omdat ons sy stertjie kan sien as hy in die geut van die boot loop.
Ag nee, nou het dit begin ren en het die mense onder hulle sambrele ingeduik. Ek sien niks anders as renjasse nie en soms n musbedekte agterkop. Dit is eintlik ook nie nodig om meer te sien nie; so langsamerhand ken ek die vrouens van buite: op-geblaas van al die aartappels, met n rooi of groen jas aan, met afgetrapte hakke, n tas aan die arm, met n grimmige of goedi-ge gesig, al na gelang van haar man se stemming.
Anne
Dinsdag, 22 Desember 1942
